'Millenniërs werk anders'
Die Namibië Werkgewersfederasie het tydens hul jaarvergadering werkloosheid onder die jeug van naderby bekyk.
Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word.
Adv. Esi Schimming-Chase, voorsitter van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se raad, was Woensdag die gasspreker by die Namibië Werkgewersfederasie (NEF) se jaarvergadering.
Die tema van haar toespraak was “Jeugwerkloosheid en leerplan-ontwikkeling”.
Sy het gesê die generasiegaping is 'n groot struikelblok, omdat millenniërs anders dink en werkgewers nie fokus op dit waarvoor hulle aangewend kan word nie.
Terwyl 'n groot deel van die bevolking van winsgewende indiensneming uitgesluit is, en 43,4% bekwame jong Namibiërs nie werk nie, groei die risiko vir onstabiliteit in die land, het sy gesê.
Jongmense het die regte vaardighede nodig, en nie net teoretiese kennis nie, het Schimming-Chase gesê.
Namibiese werkgewers moet hierby betrokke raak, het sy gesê.
Tegnologie bring verandering in produksiestelsels teweeg, asook bestuurstelsels, regeringstelsels en meer, het sy gesê.
Boonop het die generasie wat met tegnologie grootword, 'n ander lewensbeskouing.
“Google is deel van die lewe vir die millenniërs,” het sy gesê.
Vandag se mees gesogte werksgeleenthede is in nuwe, onbekende loopbaanrigtings, waarvan besigheidseienaars nie noodwendig bewus is nie.
Sy het cloud(wolk)-argitekte en konsultante vir die optimalisering van soekenjins as voorbeelde genoem.
“Ons kan nie net wag vir die gegradueerdes om ons te nader nie. Werkgewers moet duidelik wees oor watter vaardighede aangeleer en kennis ingewin moet word, en hoe. Daarvoor is meer internskappe nodig, maar ook 'n groot verandering in ingesteldheid. Die nuwe generasie is nie net werknemers nie, maar ook kliënte. Hulle is ook die mark,” het sy gesê.
Sy het gesê die leerplan moet op probleemoplossing, spanbou, samewerking en voorlegging fokus – 'n nuwe stel vaardighede.
“Die opstel van die leerplan kan nie vir die hoër onderwys-instellings en die regering gelos word nie,” het sy gesê.
“Ons benodig geïntegreerde opleidingsgeleenthede, terwyl baie studente nie internskappe kry nie – nie eens internskappe sonder vergoeding nie,” sê sy.
Schimming-Chase het die sakegemeenskap aangemoedig om op die positiewe te fokus deur verandering te bestuur en ondersteuning in die werksplek te verskaf sodat werknemers by verandering kan aanpas.
“Ons is 'n samelewing in 'n oorgangsproses. In plaas van om daarteen te stry, moet ons munt daaruit slaan,” het sy gesê.
Schimming-Chase het na aanlyn opleidingsvideo's verwys, wat binne jongmense se bereik is.
Sy het gesê tot 70% van studente werk voltyds of deeltyds en werkgewers moet dit aanmoedig.
“Aanlyn leer is goedkoper,” het sy gesê.
“Millenniërs het ander verwagtinge van die werksplek. Hulle is op soek na uitdagings en om 'n verskil te maak, met buigsaamheid en verskeidenheid,” het sy gesê.
Hulle is gewillig en het die vermoë om te leer, maar op nuwe maniere.
“Werkgewers sal moet ophou om op agt tot vyf te fokus,” het sy gesê.
Mnr. Elia Shikongo, president van die NEF, het gesê werkloosheid onder die jeug is “'n tikkende tydbom”.
“Dit is tyd vir drastiese verandering in die werksmag,” het hy gesê.
Mnr. Tommy Nambahu, adjunkminister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, het sy ondersteuning aan die NEF gebied en gesê: “Die tydbom tik vir ons almal. Dit kan nie net besigheid soos gewoonlik wees nie. Ons is bewus van die staatsdiens se tekortkominge. Amptenare gaan uit en hoor van nuwe idees, maar gaan dan terug na ou strukture en stelsels.
“Ons sien uit na jul verslag oor wat julle dink anders gedoen kan word,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie