Minder onwettige vuurwapens as voorheen ingehandig
Minder onwettige vuurwapens as voorheen ingehandig

Minder onwettige vuurwapens as voorheen ingehandig

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Mense in besit van onwettige vuurwapens en ammunisie moet voortaan geen genade van owerhede verwag wanneer dit in hul besit gevind word nie.

Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, het gister in die parlement gesê Namibiërs het in September tydens die maand van amnestie geleentheid gehad om alle onwettige vuurwapens en ammunisie by die polisie in te dien sonder om vervolg te word.

Volgens Kawana is 570 vuurwapens in dié tyd aan die polisie oorhandig, tesame met 24 334 rondes onwettige ammunisie. Dit is aansienlik minder as tydens die vorige amnestietydperk in 2016 toe 1 276 vuurwapens en digby 100 000 rondes ammunisie ingehandig is.

In die Omusatistreek het mense 135 onwettige vuurwapens ingehandig en 2 635 rondes ammunisie, gevolg deur die Khomasstreek met 111 vuurwapens vergesel van 13 481 rondes ammunisie. Die Zambezistreek lê laagste op die lys, met net twee vuurwapens wat sonder enige ammunisie ingehandig is.

“Die regering was geduldig genoeg om vir die duur van 'n volle maand amnestie toe te staan aan diegene wat in besit is van onwettige vuurwapens en ammunisie. Die amnestietydperk het verstryk. Die handskoene word nou afgehaal,” was sy woorde.

Hy het bygevoeg oortreders moet geen genade verwag nie aangesien wetgewing voortaan streng toegepas sal word.

Hy het gesê Namibië is deur hierdie optrede veiliger en rustiger gemaak. “Ons vroue en kinders wat dikwels die slagoffers van hierdie tipe wapens is, het rede om die regering se pogings om seker te maak inwoners is veilig, te waardeer.”

Die hoof van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het vroeër aan die media gesê tydens die vorige amnestietydperk in 2016 is 1 276 vuurwapens ingehandig is, met 99 509 rondes ammunisie en 81 lewendige ploftoestelle.

Hy het daarop gewys vuurwapens beland in die verkeerde hande en word vir misdaad gebruik.

Ndeitunga het statistiek gedeel oor misdade waar vuurwapens betrokke was. In 2018-'19 is 50 moordsake ondersoek, in vergelyking met 31 in 2019-'20 en 33 in 2020-'21.

“Rooftogte met vuurwapens het toegeneem met 408 in 2018-'19, 414 in 2019-'20 en 418 in 2020-'21. Poging tot moord met 'n vuurwapen is 158 keer in 2018-'19 aangemeld, 161 keer in 2019-'20 en 134 keer in 2020-'21.

“Afdreiging met 'n vuurwapen het in 2018-'19 tot 362 polisieondersoeke gelei, vergeleke die 301 in 2019-'20 en 256 in 2020-'21. Diefstal van vuurwapens is 143 keer in 2018-'19 aangemeld, 123 keer in 2019-'20 en 114 keer in 2020-'21,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!