Minder oorsese staal nou in SA gestort
Minder oorsese staal nou in SA gestort

Minder oorsese staal nou in SA gestort

Amsa het die afgelope kwartaal heelwat meer staal uitgevoer as 'n jaar gelede danksy sterker ekonomiese groei wêreldwyd.
Hanlie Stadler



Die vraag na staal in die buurland bly traag, maar dit lyk of die storting van goedkoop staal uit ander lande ­uiteindelik taan, deels danksy die ­uitwer­king van invoertariewe op sekere produkte wat in 2017 ingestel is.

ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) sê die invoer van staal na Suid-­Afrika was in die derde kwartaal van 2018 7% laer as in dieselfde ­kwartaal van 2017.

Amsa het die afgelope kwartaal heelwat meer staal uitgevoer as 'n jaar gelede danksy sterker ekonomiese groei wêreldwyd. ­

Ongelukkig verteenwoordig uitvoer minder as 20% van Amsa verkope.

Die maatskappy sê ook die erge wisselvalligheid in die rand-dollar-wisselkoers het 'n groot invloed op sy sake.

Die maatskappy het in die derde kwartaal van die jaar 4,8% meer, oftewel byna 1,3 miljoen ton, vloeibare staal geproduseer.

Hy het in die kwartaal 85% van sy produksievermoë ingespan, teenoor 81% in dieselfde kwartaal van 2017.

• Plaaslike staalverkope het met 2,8% tot 887 000 ton gestyg.

• Uitvoerverkope het met 6,4% tot 215 000 ton gestyg. Die swakker rand as 'n jaar gelede het in dié kwartaal in sy guns getel.

• Dit bring die totale verkope op 1,102 miljoen ton, 3,5% meer as 'n jaar gelede, te staan.

Wat Amsa se ander ­produkte betref, is daar slegte nuus. Die maatskappy het 8,5% of 43 000 ton minder kookssteenkool geproduseer en 14,3% minder verkoop.

Die maatskappy het 5% minder teer verkoop, oftewel 19 000 ton.

Die daling in die produksie ­kookssteenkool en teer is weens ­beplande herstelwerk by die aanleg in Pretoria. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!