Minister besoek Vergenoeg-koshuis
Die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga, het onlangs besoek aan Laerskool Vergenoeg naby Gobabis gebring.
Die laerskool onderrig hoofsaaklik San-leerlinge, is sowat 104 km buite Gobabis geleë en het 11 onderwysers en drie administratiewe werkers.
Volgens die skoolhoof, mnr. Josia Taukuheke, eet leerlinge in 'n oop ruimte omdat die eetsaal te klein is.
“Die eetsaal het plek vir 40 koshuiskinders en is te klein vir die 321 kinders wat tans hier is,” het Taukuheke gesê.
Weens 'n tekort aan plek in die koshuis is leerlinge gedwing om enkelbeddens te deel.
“Daar is tans 164 meisies en 157 seuns in die onderskeie koshuise, wat beide net 100 kinders kan huisves,” het hy gesê.
“Ten spyte van dié omstandighede hou die kinders hul kamers en ablusiegeriewe skoon en netjies,” het Shilunga gesê.
Die koshuis ontvang geld van die regering wat aangewend word om die geboue, wat meestal uit sinkplate bestaan, in stand te hou.
Van dié geld word ook aan brandstof bestee om vars water uit 'n boorgat te pomp, en om die vier koshuiswerkers se salarisse te betaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie