Ministerie kan 18 aptekers help
Apteke wat kop bo water moes hou ná laat betalings van die staat se mediese fonds, kan nie leerlingaptekers se salarisse ook bekostig nie.
Henriette Lamprecht – Die debakel rondom laat- en wanbetalings van die staat se mediese fonds (Psemas) verlede jaar is ’n bydraende faktor tot die feit dat leerlingaptekers vanjaar sukkel om internskappe te kry.
Die aptekersbedryf is, soos verskeie rolspelers in die mediese sektor verlede jaar, hard hierdeur geslaan, met verskeie apteke wat hul deure moes sluit of personeel moes laat gaan.
“Baie staar vandag nog uitdagings in dié verband in die gesig,” sê die president van die Aptekersvereniging van Namibië (PSN), mnr. Benjamin Kumalo.
Kumalo het gereageer op berigte dat leerlingaptekers wat aan die Universiteit van Namibië se mediese skool (SOM) en ook in die buiteland hul studies voltooi het, sukkel om internskappe te kry.
Volgens hom kan baie praktyke dit eenvoudig nie bekostig om die betrokke lone te betaal nie, “omdat leerling-aptekers ’n salaris verdien”.
“Dit is een van die redes waarom ons nou ’n probleem met die plasing van dié aptekers het,” het hy gesê.
Volgens Kumalo moes baie apteke weens die Psemas-debakel hul deure noodgedwonge sluit en personeel afdank.
“Ons moet egter onthou die ministerie van finansies se bedoeling was goed.
“Hulle het na maniere gesoek om die fonds op so ’n manier te bestuur dat dit volhoubaar tot voordeel van die lede van die fonds is,” het hy gesê.
SOM het 31 leerlingaptekers wat vanjaar hul internskappe moet voltooi.
Ook is daar 13 leerlingaptekers wat hul opleiding in die buiteland voltooi het en ook vir internskappe aansoek gedoen het. Verlede jaar het 15 leerlingaptekers hul internskappe in diens van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) by die Windhoek Sentrale Hospitaal alleen voltooi, het Kumalo gesê.
Volgens hom het die staatshospitaal op Rundu tot dusver ook akkreditasie gekry om as opleidingshospitaal te dien, terwyl dit ook vir die staatshospitale op Swakopmund en Walvisbaai beplan word.
Hoewel die private sektor jaarliks verskeie van dié aptekers vir internskappe onder hul vlerk neem, is dit volgens Kumalo egter nie net ’n kwessie van “’n apteek is ’n apteek” nie en moet dit vir opleidingsdoeleindes geakkrediteer wees.
“Die grootste uitdaging is om gekwalifiseerde aptekers by hierdie geriewe te hê wat self as opleiers geakkrediteer moet word. Nie elke apteker kan outomaties ’n student inneem nie,” het Kumalo gesê.
Volgens hom is die beskikbaarheid van aptekers in veral hospitale buite Windhoek ’n reuse-uitdaging. Die internskappe duur 12 maande en is verpligtend vir leerlingaptekers om as apteker te kwalifiseer.
“’n Graad op sy eie is nie genoeg nie.
“Hulle gaan die graad hê, maar kan nie aptekers word tot hul internskappe by geakkrediteerde geriewe onder ’n geakkrediteerde apteker voltooi is nie.”
Met verwysing na ’n gebrek aan menslike hulpbronne in die MoHSS aan die een kant en leerlingaptekers wat wel die poste kan vul, maar nie poste kry nie, het Kumalo gesê die antwoord lê by die ministerie.
“Dis moeilik om te antwoord, maar inligting wat ons ontvang, dui daarop dat dit met die begroting van die ministerie verband hou. Dit is ’n ope geheim dat die wêreld en ook Namibië ’n ekonomiese afswaai beleef.”
Intussen het die waarnemende permanente sekretaris van die MoHSS, me. Petronella Masabane, gesê die ministerie het maniere gevind om 18 leerlingaptekers in diens te neem. Bykomend tot dié aptekers sal drie leerlingaptekers ook in diens geneem word wat verlede jaar gekwalifiseer het, maar in ander poste geakkommodeer was.
Volgens Masabane is die plasings moontlik gemaak deur 'n verpligte afskalingsproses in opdrag van die eerste minister se kantoor.
Dié proses het ten doel om die regering se salarisrekening te verlaag.
Dit sluit in dat vakante poste, veral administratiewe poste, afgeskaf is om meer aptekersposte te skep.
Masabane sê voorts die poste sal gefinansier word deur geld wat die tesourie verlede jaar vir die indiensneming van nuutgekwalifiseerde gesondheidslui toegeken het.
"Aptekers wat kies om vir die ministerie te werk, sal op 1 Maart 2018 begin. Hulle sal uitgeplaas word na gesondheidsgeriewe volgens ministeriële en gevolglik die land se behoeftes, en nie na gelang van individuele voorkeur nie," het Masabane gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie