Ministerie sit voet neer vir ongehoorsame vakbonde
Ministerie sit voet neer vir ongehoorsame vakbonde

Ministerie sit voet neer vir ongehoorsame vakbonde

Net drie uit 58 kom verpligtinge na
Yandi Du Plessis
Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het aangekondig dat vakbonde en werkgewersorganisasies wat hulle aan wanbetaling skuldig maak van die geregistreerde lys geskrap sal word.

Daar is tans 41 geregistreerde vakbonde, 17 werkgewersorganisasies, drie vakbondfederasies en drie werkgewersfederasies in Namibië.

Luidens 'n mediaverklaring Vrydag is die ministerie nou al vir 'n geruime tyd daarvan bewus dat meeste van dié vakbonde en werkgewersorganisasies nie hul jaarstate indien soos deur die wet vereis word nie. Sommiges maak hulle al sedert hul registrasiedatums hieraan skuldig.

Vanaf Maart 2021 was daar net een van die 41 geregistreerde vakbonde en twee van die 17 geregistreerde werkgewersorganisasies wat hul registrasieverpligtinge nagekom het. Dus kom die meerderheid nie hul toepaslike statutêre verpligtinge na nie.



SPERDATUM 1 APRIL

“Dit wil lyk of dié soort gedrag 'n norm geword het, ten spyte daarvan dat hulle ten volle van hul verpligtinge bewus is, aangesien die arbeidskommisaris hulle gereeld herinner om hul jaarstate in te dien,” lui die verklaring, onderteken deur die uitvoerende direkteur van die ministerie, mnr. Bro-Matthew Shinguadja.

Ten spyte van die bepaling in die arbeidswet dat die geregistreerde vakbonde en werkgewersorganisasies namens hul lede 'n saak na die arbeidskommissaris kan bring vir verteenwoordiging in enige proses, sal die ministerie vanaf 1 April nie meer dié verteenwoordigende organisasies akkommodeer en verder toelaat om die wet te verontagsaam nie.

KAN VAN LYS GESKRAP WORD

Dié optrede word gedoen met die doel om hulle te dwing om aan die vereistes te voldoen. Indien nie, sal van dié organisasies van die lys geskrap kan word, soos bepaal deur die arbeidswet.

“Die ministerie moedig werknemers en werkgewers aan om hul onderskeie verteenwoordigende organisasies te begin bevraagteken en om hul organisasies aanspreeklik te begin hou.”

Die verskillende vakbonde en werkgewersorganisasies se status van nakoming (of nie) is by die arbeidskommissaris beskikbaar.

Die organisasies wat steeds versuim om hul verpligtinge na te kom, sal vanaf 1 April nie meer die “reg of voorreg” hê om met die ministerie om te gaan nie.

FOTO
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shinguadja. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!