Ministerie spreek studente toe
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het te midde van die Covid-19-pandemie Vrydag die studente van die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) toegespreek. Die ministerie het die universiteit besoek met die oog op bewusmaking en onderrig van die personeel en studente rakende die virus en watter maatreëls gevolg kan word om hulle veiligheid te verseker. Onder meer is ’n plan van aksie ook bespreek deur by die jeug van Namibië vas te stel wat hulle voel die ministerie kan doen om seker te maak die burgers van die land bly ingelig.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie