Minstens 26 dood in orkaan
Minstens 26 dood in orkaan

Minstens 26 dood in orkaan

Estelle de Bruyn
Die verwoestende orkaan Matthew het Donderdagoggend (Namibiese tyd) nader aan die Bahamas en die laer ooskus van die VSA beweeg nadat hy minstens 26 mense se lewe in Haïti en die Dominikaanse Republiek geëis het.

Die lang verwagte presidentsverkiesing in Haïti is uitgestel weens die storm wat ook erge skade in Kuba aangerig het.

Bote en opdrifsels het op die paaie langs die kus in die suidwestelike deel van Haïti beland.

Matthew, die mees verwoestende Karibiese orkaan in byna ’n dekade, het Haïti Dinsdag met geweld getref met wind van 230 km/h, storm­reën en reusegolwe.

Intussen is meer as 1,5 miljoen mense in dele van Florida in die VSA aangeraai om as voorsorgmaatreël die gebied te ontruim.

Goewerneur Rick Scott het inwoners­ gewaarsku dat die orkaan die gebied direk kan tref, met moont­like katastrofiese gevolge.

Honderdduisende mense het reeds ander deelstate aan die ooskus, soos Suid- en Noord-­Carolina, ontruim.

- Netwerk24/Reuters.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!