Minstens 40 sterf in twee bomontploffings
Aanvalle het heiligdomme in Damaskus geruk.
Minstens 40 Irakse Sjiitiese pelgrims is Saterdag dood en 120 ander gewond toe twee bomontploffings Damaskus in Sirië geruk het.
Die aanval het die Bab al-Saghir-begraafplaas in die Siriese hoofstad geteiken.
Ahmed Jamal, woordvoerder vir die Irakse departement van buitelandse sake, het in 'n verklaring gesê die aanvallers het twee geïmproviseerde ploftoestelle in die aanval gebruik.
Volgens hom het die pelgrims ten tyde van die aanval heiligdomme besoek.
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.
Die Siriese regering het die aanvalle as “lafhartige” terreurdade beskryf en gevra dat die Verenigde Nasies (VN) se sekretaris-generaal en voorsitter van die Veiligheidsraad van die VN die daad ten sterkste veroordeel, het die staatsbeheerde Syrian Arab News Agency (Sana) berig.
Damaskus het volgens Sana aan die VN gesê alle partye wat aan die Russies-gesteunde vredesonderhandelinge in die land deelneem, moet hulself van die aanval distansieer.
Sirië het die regerings van Turkye, Saoedi-Arabië, Katar en “sommige Westerse regerings” daarvan beskuldig dat hulle terreurgroepe steun.
Hulle het geëis dat dié lande verplig word om enige steun aan sulke organisasies te onttrek.
Die Siriese regime beweer hy is in 'n stryd teen “terroriste” (rebelle-vegters) gewikkel.
Bab al-Saghir, in die suidelike deel van die ou stad van Damaskus word in die Sjiitiese geloof as 'n heilige begraafplaas beskou.
Sjiitiese pelgrims besoek gereeld die begraafplaas omdat afstammelinge van Ali, die profeet se neef, daar begrawe is.
Soenni-terreurgroepe soos die Islamitiese Staat-groep (IS) val gereeld sulke Sjiitiese tempels aan.
Die IS het verlede jaar verantwoordelikheid vir nóg 'n dodelike aanval naby die Sjiitiese heiligdom “Lady Zeynab” in die suide van Damaskus aanvaar. Daar was ook soortgelyke aanvalle in Irak.
Sirië is die laaste ses jaar in 'n burgeroorlog gewikkel en die sektariese Soenni-Sjiitiese konflik is kenmerkend van dié stryd. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie