Misdadigers gewaarsku: ‘Loop lig’
Namibië gaan moontlik binnekort minder aanloklik wees vir buitelandse misdadigers, wat hier kom skuil.
Denver Kisting – Buitelandse misdadigers, vir wie Namibië tot dusver 'n veilige hawe was, moet ligloop.
Eweneens is die dae van misdadige Namibiërs wat elders moeilikheid maak en huis toe vlug, se dae getel.
Só sê die adjunkminister van justisie, me. Lidwina Shapwa.
Sy het verlede week die uitleweringswetsontwerp in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê.
Volgens haar is Namibië se vrede waarskynlik 'n trekpleister vir buitelandse kriminele.
Die NV het reeds in 1996 die huidige Uitleweringswet deurgevoer.
Maar, sê Shapwa, daardie wet het ongelukkig leemtes wat internasionale standaarde betref.
Die hooggeregshof het hiernaas ook bevind die bewyslas op sigwaarde, waarvoor die wet voorsiening maak, plaas 'n geweldige las op die staat tydens uitleweringsgedinge, sê sy. “Met ander woorde, wat veronderstel was om 'n relatief eenvoudige en vinnige proses te wees, omdat dit net 'n navraag is en nie 'n verhoor nie, ontwikkel in 'n volledige verhoor, waartydens die beskuldigde en sy prokureur probeer om strafregtelike gevolge van misdadige gedrag elders, vry te spring.”
Dié omstandigde benadeel die staat, omdat staatsaanklaers grootliks op beëdigde verklarings van die ander land se owerhede steun, sê Shapwa.
Sulke verklarings bevat, vanweë hulle aard, nie noodwendig sterk of beslissende getuienis nie, sê die adjunkminister.
Sy sê die hooggeregshof het derhalwe gewaarsku Namibië loop die gevaar om 'n veilige hawe te word vir voortvlugtende misdadigers.
Dit het die tertafellegging van die wysigingswetsontwerp van verlede week genoodsaak, sê sy.
Een van die voorgenome wysigings lui dat Namibië enigiemand sal kan uitlewer na 'n land “geskoei op internasionale ooreenkomste, waarvan Namibië en daardie land partye is”.
Hiernaas sal die nuwe wet ook voorsiening maak vir Namibiërs om plaaslik vervolg en gestraf te word vir enige uitlewerbare oortreding wat elders begaan is.
Dié verhore sal kragtens bestaande Namibiese strafwetgewing geskied.
Die voorgestelde wet bepaal ook dat 'n sertifikaat, wat deur die vervolgingsgesag van die ander land uitgereik word, voldoende sigwaarde-bewys sal wees.
Sou die ander land nie tevrede wees met 'n uitleweringsbevel in die hoërhof nie, sal hy hom voorts tot die hooggeregshof kan wend om te appelleer.
Van die lede van die Huis het hulle kommer uitgespreek dat die land waaksaam moet wees om nie mense, Namibiërs of buitelanders, uit te lewer aan lande, waar die doodstraf nog toegepas word nie.
Die reg op lewe is een van die verskansde regte in die Grondwet.
Dit bring mee dat die doodstraf nie in Namibië toegepas kan word nie solank die land 'n grondwetlike demokrasie is.
Kobi Alexander, 'n sakeman van Israel, het tien jaar verbete in Namibiese howe teen uitlewering na die Verenigde State van Amerika (VSA) baklei.
Hy het laat in 2016 eers bes gegee en teruggekeer om aan die pen te ry.
Hy dien tans gevangenisstraf uit weens bedrog en geldwassery ten bedrae van miljoene Amerikaanse dollar.
Tydens die dekade in Namibië het hy en sy gesin'n uitspattige lewe in die openbare oog gelei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie