Missielprogram vorder vinniger as verwag
Missielprogram vorder vinniger as verwag

Missielprogram vorder vinniger as verwag

NAMPA
Noord-Korea se missielprogram vorder vinniger as verwag, het Suid-Korea se minister van verdediging gister gesê.

Dít nadat die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) geëis het dat die Noorde sy kern- en ballistiese missieltoetse staak en Sondag se toetslansering veroordeel het.

Die afgesonderde Noorde het deurlopend alle beroepe om sy wapenprogram in toom te hou, selfs van sy belangrikste bondgenoot, China, verontagsaam. Noord-Korea hou vol die missieltoets is wettige voorbereiding teen Amerikaanse vyandigheid.

Pjongjang werk aan 'n missiel wat met 'n kernplofkop toegerus kan word en in staat sal wees om die Noord-Amerikaanse vasteland te bereik.

Die Withuis het 'n onmiddellike staking van Noord-Korea se uittarting geëis en gewaar­sku dat die era van “strategiese geduld” iets van die verlede is.

Amerika se ambassadeur gemoeid met ontwapening, Robert Wood, het gister gesê China se invloed is die sleutel en dat die land meer kan doen. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!