Missieltoets misluk, spanning bou op
Noord-Korea
'n Noord-Koreaanse missiel het gisteroggend ontplof net nadat dit gelanseer is, het die weermagte van Amerika en Suid-Korea gesê.
Dit is die jongste in 'n reeks wapentoetse deur die kernbewapende land wat diepe kommer in die streek wek.
Die lansering is van Wonsan aan die Noord-Koreaanse ooskus gedoen van waar verskeie intermediêre-afstandmissiele verlede jaar gelanseer is. Met die uitsondering van een, het al die toetse tot dusver misluk.
Dit is nie duidelik watter soort missiel dit was nie. Die toename in die gereeldheid waarmee missieltoetse uitgevoer word, bring dringendheid mee oor hoe om op die afgesonderde, onvoorspelbare staat te reageer.
Noord-Korea het op 6 Maart vier ballistiese missiele van naby die land se weskus gelanseer en Sondag 'n vuurpylenjintoets uitgevoer wat volgens die land se leier, Kim Jong-un, “'n nuwe geboorte” van die vuurpylbedryf in sy land is. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie