Modder hou ryers wakker
Bergfietsry
Die 2020 Hollard Gravel & Dirt-reeks van bergfietsmarathonne het Saterdagoggend met sy eerste kompetisie by die Okapuka Lodge weg gespring.
Die bedrewe jong Olimpiese kandidaat Alex Miller, met ’n tyd van 2 ure 39 minute 42 sekondes het in die elite afdeling oor 65 kilometer koning gekraai. Die veteraan Ingram Cuff was die tweede ryer oor die eindstreep (2:45:38), gevolg deur Xavier Papo in 2:46:25 en die jong Bergran Jansen in 2:51:51.
In die vroueresies oor 65 km het Courtney Liebenberg (3:15:45) ’n gerieflike entjie voor Robyn-Lee Swartz (3:23:26) en Irene Steyn (3:26:10) klaargemaak.
Die Okapuka Ride & Run-byeenkoms is ’n nuwe toevoeging tot dié reeks se bestaande uitdagings.
Goeie neerslae wat die vorige nag in die gebied geval het, het die rivier voor die lodge in ’n malende bruin stroom omskep. Deelnemers was reeds vroeg die oggend by die venue waar lekker modderige paadjies op hulle gewag het.
Dié uitdaging het egter beslis nie die gees en entoesiasme van die 340 ryers deelnemers in die wiele gery nie. Bergfietsentoesiaste was soos in die verlede slaggereed om die afstande oor 65 km of 35 km aan te durf, terwyl drawwers gereed vir ’n 10 km of 20 km roete was.
Met reën wat steeds oor die roete neergesif het, het deelnemers om 08:00 in die pad geval. Behalwe die modderige toestande asook nat en glibberige steiltes wat hulle moes baasraak, was daar ook die vooruitsig om vloeiende riviere oor te steek.
Dié byeenkoms het opnuut op ’n hoogtepunt ontknoop en dit sou nie moontlik gewees het sonder Hollard Namibië, die reeks se hoofborg, nie. Die geleentheid gee bergfietsryers kans om van die land se mees opwindende roetes te beleef.
Behalwe sy fantastiese ondersteuning laat Hollard se bydrae die sport ontwikkel en groei en ryers kan ’n gesonde leefstyl bevorder.
“’n Spesiale dankie aan Hollard Namibië, Built-It, Cymot, Food Lovers Market, Namibië Brouery asook E-Med Rescue 24 vir hul bydrae om die dag moontlik te maak,” lees die organiseerders se verklaring.
Ander uitslae van die naweek se byeenkoms:
Draf (20 km) mans: 1 Immanuel Mwatwoshive (1:29:07), 2 Nesley Gawaseb (1:29:10), 3 Wesley Pieters (1:40:10).
Draf (20 km) vroue: 1 Michelle Pretorius (1:33:32) 2 Benita Kasch (1:49:32), 3 Lydia Thiel (1:56:21).
• Nog ’n nuwe toevoeging tot vanjaar se reeks is die Midgard MTB & Run-kompetisie wat op Saterdag 14 Maart aangebied word.
Vir meer inligting en inskrywings kan https://raceday.events/gravel-dirt-mtb-series/ besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie