Mode met ’n doel
Drie passievolle sakevroue het hande gevat om ’n projek op die been te bring wat spesifiek vroue in die Zambezistreek bemagtig.
Yandi du Plessis
The Collective Boutique is ’n boetiek wat spesialiseer in ontwerpersitems. Hier word elke kledingstuk as ’n kunswerk beskou.
Die hoofdoelwit is die bevordering van kleinskaalse ontwerpers. Die klere is van die hoogste gehalte en uiters eksklusief.
Die eienaar, Nikita Rix-Venter, is altyd op soek na tydlose items wat die unieke styl van elke vrou sal komplimenteer.
Die doel is om vroue van alle vorme en groottes tegemoet te kom. Uit die waardering, inspirasie en liefde vir outentieke vroue en hul figure, die kreatiwiteit van kleinskaalse ontwerpers en luukse materiaal, is The Collective Boutique gebore.
Die boetiek beywer hulle egter nie net vir modieuse luukshede nie, maar ook vir die bemagtiging van vroue en die opheffing van gemarginaliseerde gemeenskappe.
Hulle het onlangs trots die Sijwa Sewing Project van stapel gestuur.
Drie passievolle vroue het saamgespan om dié projek te realiseer. Nikita, Sandra Baumeister van Myeisha, wat luukse leerprodukte verkoop, en Tinolla Rodgers van African Monarch Lodges het een middag oor ’n koppie koffie aan die idee gekom vir ’n naaldwerk-werkswinkel. Elkeen was ewe opgewonde oor dié idee.
“Hoe kan ons ’n bydrae lewer?” is die vraag waaroor hulle besin het, vertel Nikita.
Twee maande later het hulle hulself in die snikhete Zambezistreek op die oewer van die Kwandorivier bevind. Hier kan die gelag van vroue uit 'n struktuur wat uit herwonne sandsakke en plastiekbottels gebou is, gehoor word. Die vroue se gesigte is vol vreugde terwyl hulle agter hul naaimasjiene sit en werk aan die inkopiesakke vir The Collective Boutique en Myeisha.
“Die emosie wat my oorweldig het, is moeilik om te beskryf! Dit vul my met eindelose dankbaarheid. Hierdie gemeenskap stel ons in staat om deel van iets spesiaal te wees en 'n verskil te maak. Hulle laat ons toe om ’n deel van hulle projek te wees. Dit is die grootste eer wat ek nog ooit ervaar het,” vertel Nikita.
Die projek is in die Bwabwata Nasionale Park in die hart van die Zambezistreek geleë. Die doel van die Sijwa Sewing Project is om vroue in diens te neem wat nog nooit vantevore werk gehad het nie, en hulle nuwe vaardighede aan te leer wat hulle aan hul gemeenskappe kan oordra.
Elke vrou wat in diens geneem word, kan 12 mense in haar nedersetting voed. Vier vroue uit verskillende nedersettings is tans deel van die projek, en dus voed dié projek tans 48 mense.
Dit is ’n projek wat reeds vir ’n geruime tyd aan die gang was, maar is gebore as ’n “uitbreiding” van die Fashion for Wildlife-veldtog.
The Collective Boutique dra by tot die Sijwa Sewing Project deur dié veldtog, wat nét na die aanvang van die inperking van stapel gestuur is. Dié inisiatief is die breinkind van Nikita en Juné van der Walt van Urban Lens Photography.
Die Fashion for Wildlife-veldtog is op die been gebring met die doel om meer blootstelling aan logdes te bied wat erge verliese weens die pandemie en gepaardgaande inperkings gely het. Die veldtog behels verskeie fotosessies by die verskillende lodges, waar The Collective Boutique se kledingstukke gemodelleer word en alle opbrengste uiteindelik aan die onderskeie lodges gaan.
Vir die Sijwa Sewing Project het Sandra, van Meiysha, vier naaimasjiene geskenk. Die vroue, wat nog nooit dié masjiene gebruik het nie, het ’n week lange kursus bygewoon waar hulle geleer het hoe om met naaimasjiene te werk. Isabel de Villiers, ’n gesogte Suid-Afrikaanse modeontwerper, het 100 kg oorskietmateriaal geskenk.
Die trio beplan om vroeg volgende jaar die projek verder uit te brei deur twee Suid-Afrikaanse ontwerpers, Michelle Ludek en Isabel, hierheen te bring om die vroue verder op te lei en hul naaldwerkvaardighede uit te brei.
Meer inligting sal later oor dié spesiale inisiatief bekend gemaak word. Die klere wat die vroue maak, sal dan uiteindelik by African Monarch Lodges en The Collective Boutique verkoop word. Die lodges se kamerjasse sal ook deur dié vroue gemaak word.
“Die vroue praat oor hul gesinne en kinders. Hulle verduidelik vir ons wat dit vir hulle en hul gesinne beteken om hul heel eerste werk te hê.”
Benewens dié groot toekomsplanne, het die projek reeds vanjaar verder gegroei. Nog drie vroue en een man maak glaskrale van die lodge se ou drankbottels. Die juwele wat van dié glaskrale gemaak word, is by Collective Boutique te koop. Die hoeveelheid monde wat die Sijwa Sewing Project dus voed, is reeds ’n ongelooflike 96.
Wat is volgende? “Hierdie projek het nou eers begin. Vanaf volgende jaar skakel The Collective Boutique in Windhoek en Swakopmund oor van ons gewone niegeweefde inkopiesakke na sakke wat met liefde deur dié vroue in die Zambezi gemaak is. Alle kliënte wat by The Collective Boutique koop, neem 'n stuk van die Sijwa-projek saam huis toe,” sê Nikita.
“Ek is uiters dankbaar vir die ongelooflike ondersteuning wat The Collective Boutique van ons getroue kliënte ervaar, en wat dit sodoende vir ons moontlik gemaak het om deel te wees van so 'n verstommende projek. Dit sou nie moontlik wees sonder ons kliënte nie. My hart is vir altyd vol waardering.”
Laastens beplan hulle om 'n naaldwerkskool by Sijwa vir jong meisies te open. Dit sal in samewerking met 'n Namibiese modeontwerper gedoen word. Nikita vertel daar gaan nog bekende name by dié projek betrokke raak, maar sy wil nie in die stadium verklap wie nie.
“Ons het eindelose idees en planne om hierdie projek en die gemeenskap na nuwe hoogtes te neem.”
As enige lid van die publiek betrokke wil raak deur naaimasjiene, materiaal, herwinde glasbottels, fondse of enige ander items wat hierdie projek kan help, te skenk, kontak Nikita Rix by 081 124 0350 of Tinolla Rogers by 081 865 3052.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie