Momentum STI sit geld in boere se (Kers)beursies
Momentum STI sit geld in boere se (Kers)beursies

Momentum STI sit geld in boere se (Kers)beursies

Momentum STI, 'n jong leier in die korttermyn-versekeringsbedryf, sê hy besef die nood waarin honderde werkende boerderye hulle bevind.

"Baie boere sukkel in die droogtetoestande om daaglikse uitgawes by te hou, kontantvloei is onder druk en begrotings word drasties gesnoei. Dit is welbekend dat selfs ná die verwagte reënseisoen gekom het, is dit net die begin van 'n lang en harde stryd om weer op die been te kom.

"Boere, uit die aard van hul besigheid, hou egter die primêre ekonomie aan die gang en voorsien werk, onder moeilike omstandighede, aan duisende mense op die platteland.

"Die skade aan die nasionale veekudde weens vrektes en die uitvoer van lewende diere is nog nie bereken nie; so ook nie die impak wat die groot hoeveelheid vroulike produksiediere wat van die veld af gehaal moes word ter wille van oorlewing nie," sê Momentum STI.

"Die sakesektor, veral finansiële instellings, dra ruim by tot die oorlewing van die boerderysektor, wetende dat die boere se rol in voedselvoorsiening die enjin van die ekonomie bly. Boere is die groot werkverskaffers in die land en meer as gereeld, kry nuwe uitvindsels en goeie, gesonde sakeondernemings hul beslag op boereplase. Om 'n boer in sy uur van nood te ondersteun, is altyd 'n goeie belegging, want op sy beurt skep sy besigheid nuwe geleenthede."

Alle boere met korttermynversekering van Momentum STI deur hul boerderypolisse kan daarna uitsien om hul Desember-premies in kontant terug te kry.

Volgens mnr. Johan Barnard, uitvoerende bestuurder van Momentum STI, sal die laaste maand se premie, of ‘n bedrag gelykstaande aan een maand se premie, in Desember terugbetaal word aan polishouers,

"Dit is ons bydrae aan ons getroue kliënte om te toon dat ons weet hoe moeilik tye is. Die droogte hou net aan en is lank nog nie gebreek nie en boere het steun nodig om aan te hou diere voer of werkers te betaal. Daar is skoolgelde, brandstof en rantsoenrekeninge om te vereffen. Ons wil help om ons kliënte in hierdie moeilike tye staande te hou," sê Barnard

"Momentum glo en vertrou dat die gebaar die boer en sy werkers sal bystaan in hierdie feesgety en die druk sal help verlig."

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!