Monjasa deel sukses met kinders
Die plaaslike maatskappy Monjasa Namibia het onlangs N$200 000 aan die Promiseland Trust oorhandig om vroeë kinderontwikkelingprojekte te steun.
Volgens Monjasa Namibia se algemene bestuurder, mnr. Sean Holmes, was die maatskappy se visie sedert sy ontstaan in 2014 om sukses met die gemeenskap te deel.
“Ons is so toegewy hieraan dat ons ‘n trust as aandeelhouer in die besigheid ingesluit het,” sê Holmes.
Hy sê met verloop van tyd is winste uit die maatskappy se sakeondernemings aan die trust toegeken en is die jongste skenking “’n klein manier” om by te dra tot organisasies se pogings om gemeenskappe op te hef en positiewe verandering moontlik te maak.
Me. Jessica Mostert, ‘n trustee van die Promiseland Trust, sê die skenking sal die trust in staat stel om sy invloed op vroeë kinderontwikkeling en kwesbare kinders se skoolgereedheid in gemarginaliseerde gemeenskappe te handhaaf.
Volgens Mostert het die trust drie verskillende projekte: ‘n vroeë kinderontwikkelingsprogram gebaseer op die Montessori-onderrigstelsel, ‘n pleegsorgtuiste, en ‘n voedingskema.
Die voedingskema verskaf daagliks kos aan sowat 300 minderbevoorregte kinders, en ‘n verdere 2 000 ontvang ‘n maaltyd by die skool.
“Dít sal nie sonder ons borge en vennote se vrygewigheid, en die onbaatsugtige pogings van ons vrywilligers moontlik wees nie. Dit is nie net die ekonomie wat onder ‘n resessie gebuk gaan nie; liefdadigheidsorganisasies kry ook minder ondersteuning. Dié ruim skenking is absoluut vir ons gestuur,” sê Mostert.
Holmes het beloof om die trust se aktiwiteite tot 2021 te ondersteun.
Monjasa is in 2002 in Denemarke gestig en is wêreldwyd ’n vennoot in die olie- en verskepingsbedryf.
Monjasa Namibia is ‘n gesamentlike onderneming tussen Manica en Monjasa om eienaars van vaartuie en skeepvaartmaatskappye makliker toegang tot vasmeerdienste langs die weskus van Afrika te bied.
Vir meer inligting oor die Promiseland Trust, kontak 081 200 7599 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie