Moodyu2019s gradeer Edcon af
Moodyu2019s gradeer Edcon af

Moody’s gradeer Edcon af

Jo-Mare Duddy Booysen
Nellie Brand-Jonker

Die internasionale kredietgra­deerder Moody’s het die Suid-Afrikaanse kleinhandelaar Edcon afgegradeer.
Dit kom nadat Edcon, wat onder meer CNA, Boardmans en Edgars besit, verlede week die sperdatum misgeloop het om bykans R640 miljoen se rentebetalings aan skuldbriefhouers te doen.
Edcon het nog verlede week vervaard gespook om skuldbriefhouers se ondersteuning te kry om verdere uitstel tot einde Desember vir die Maart- en nog ’n September-rentebetaling van altesaam R1,6 miljard te kry.
Teen Vrydagaand het Edcon al sowat 80% van die skuldbrief­houers van die skuldbriewe wat in 2018 verval se samewerking gekry om formeel vir uitstel te vra.
Aan dié skuldbriefhouers word meer as R13 miljard geskuld.
Edcon sukkel met ’n reuse-skuldlas sedert die Amerikaanse beleggingsmaatskappy Bain Capital in 2007 ander aandeelhouers uitgekoop het. Die transaksie is met skuld gefinansier.
Die rentebetalings vreet aan sy kontant, wat broodnodig is om die maatskappy om te keer en te laat groei.
Jean Pierre Verster, ’n ontleder van 36ONE Batebestuur, sê dis ’n tegniese skuif van Moody’s se kant af omdat die rentebetaling laat is en hul kredietgraderingsreëls vereis dat die skuldbriewe verder afgegradeer moes word.
Bernie Brookes, nuwe uit­voerende hoof van Edcon, wat aangestel is om die maatskappy om te keer, is al van verlede jaar in gesprekke met ­skuldbriefhouers om die groep se skuld te herstruktureer.
Edcon het verlede jaar suksesvol met sekere skuldbriefhouers onderhandel om gedeeltes van sy skuld te herstruktureer en rentebetalings daarop uit te stel.
“Die skuldbriewe se krediet­gradering is al lankal op rommelvlak, so die herstrukturing wat broodnodig is, is reeds baie moeilik,” het Verster gesê.
“Dit sal interessant wees om te sien of hulle ’n haas uit die hoed kan trek in die komende paar maande.”
Moody’s het gesê die afgradering hou verband met die onsekerheid oor die langtermynvolhoubaarheid van die maatskappy se kapitaalstruktuur ná Edcon se besluit om nie die rente­betalings te doen nie.
Bronne het verlede week aan ­Bloomberg gesê Bain Capital wil ’n blaaskans met rentebetalings hê om te besluit of hy gedeeltes van Edcon of die hele maatskappy moet verkoop. Ontleders het al bespiegel oor die moontlike verkoop van byvoorbeeld CNA.- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!