Moord op vrou terug in die hof
Die vermoedelike moordwapen is vyf jaar gelede tydens ’n rooftog by die wettige eienaar afgeneem, is in die hof getuig.
Kristien Kruger – ’n Oud-militêre paramedikus wat daarvan beskuldig word dat hy sy eks-meisie en die ma van sy vyfjarige kind doodgeskiet het, se verhoor hervat vandeesweek in die hoërhof in Windhoek.
Mnr. Johannes Neuaka (41) het na bewering die 25-jarige me. Zya Juliet Shane Rittman op 21 Januarie 2018 in haar erf voor haar huis in die Damara informele nedersetting in Katutura in die kop doodgeskiet.
Die verhoor het in Junie vanjaar begin en Neuaka het onskuldig gepleit op die agt klagte teen hom.
Hy staan tereg op moord, twee klagte van poging tot moord en een klag van aanranding, saamgelees met die wet op huishoudelike geweld, asook van die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar, die rig van ’n vuurwapen en die onwettige besit van ’n pistool en ammunisie sonder ’n lisensie.
‘PER ONGELUK’ GESKIET
Neuaka beweer hy het haar per ongeluk geskiet toe hy vir haar ’n vuurwapen wou wys wat hy opgetel het.
Rittman se 15-jarige suster (13 ten tyde van die voorval) het egter in Junie getuig sy het gesien hoe Neuaka haar geskiet het.
Hul ander suster, me. Nakita Rittmann, het getuig dat haar suster op 17 Januarie 2018 doodsdreigemente van Neuaka ontvang het.
Hy het glo aan haar gesê sy moet kies tussen haar lewe en huishoudelike geweldsbeskerming.
AANRANDING
Neuaka word ook daarvan beskuldig dat hy Rittmann in 2015 probeer verwurg het en dat hy haar op 30 Augustus 2015 met ’n mes in die bors gesteek het.
Hy het haar na bewering twee dae voor haar dood aangerand.
Die verhoor het vandeesweek hervat en Dinsdag het die staat verskeie getuies geroep, van wie twee lede van die Namibiese polisie is.
Een getuie voor hoërhofregter Naomi Shivute was die oorspronklike eienaar van die vuurwapen wat gebruik is om Rittman te skiet.
Hy het getuig dat hy in Junie 2015 beroof is en dat ’n groep mans sy beursie en vuurwapen gesteel het. Hy ken egter nie die beskuldigde nie en het hom nog nie tevore gesien nie.
Die staatsaanklaer Ethel Ndlovu het die getuie gevra om die vuurwapen se reeksnommer op die lisensie, wat hy vir die vuurwapen uitgereik het, voor te lees en daarna die reeksnommer op die vuurwapen wat na bewering deur Neuaka gebruik is om Rittman te skiet. Die reeksnommers is dieselfde.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie