Moratorium op viskwotas aanbeveel
Denver Kisting – Die hoëvlakpaneel oor die ekonomie stel voor die regering stel ’n moratorium in op die toekenning van viskwotas en mineraalregte.
Een van die paneellede, mnr. Vetumbuavi Mungundu, sê talle mense het tydens verlede jaar se ekonomiese beraad kommer uitgespreek oor die gebrek aan deursigtigheid rondom die toekenning van dié hulpbronne.
Hy sê mense het ook te velde getrek teen die sogenaamde ondemokratiese aard van die toekenning van dié regte.
Mungunda sê die paneel beveel aan regte moenie aan individue toegeken word soos die gebruik tans is nie.
Dit moet meer mense baat, sê hy.
Terselfdertyd moet platforms geskep word om die volhoubaarheid van dié hulpbronne te verseker.
Dié nuus kom te midde van grootskaalse beweerde plundering van viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar – glo deur politieke swaargewigte.
Die paneel het ook aanbeveel teenkorrupsiestrategieë en -kapasiteit moet versterk word.
Die paneel doen ook ’n beroep op die regering om nie belasting te gebruik om welvaart te skep nie.
Die fokus moet eerder op die doeltreffender invordering van belastings wees, lui die aanbeveling.
Hulle vra ook vir die inwerkingstelling van die 2011- nasionale beleid oor klimaatsverandering.
Omdat die landbousektor oor werkskeppingspotensiaal beskik, moet die regering meer doen om dié bedryf teen klimaatskommelinge bestand te maak, het Mungunda Woensdag by Staatshuis gesê.
Ofskoon dié sektor tussen 60% en 70% van die land se werksgeleenthede bied, dra dit net sowat 4,5% by tot die land se bruto binnelandse produk (BBP), sê hy.
“Vir ons as ’n land is dit ’n kritieke area om aan te spreek.”
Die komitee stel ook voor die staatsdiens moet by die beoogde verkleinde kabinet aanpas.
Pres. Hage Geingob het in sy Nuwejaarsrede aangekondig die volgende vyf jaar se kabinet sal kleiner wees.
Hy sal na verwagting binne die volgende dae dié besonderhede onthul.
Die hoëvlakpaneel raai ook die regering aan om so gou moontlik met ’n bateregister van alle staatsbates vorendag te kom.
Dit sal die regering in staat stel om te besluit watter bates om te behou en watter om te vervreem.
Gratis grond kry gemengde reaksie
Me. Esther Muinjangue, leier van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), verwelkom ’n voorstel dat almal wat tans in stedelike gebiede in informele nedersettings woon dié grond gratis moet bekom.
Intussen sê me. Lydia Amutenya, woordvoerder van die Windhoek-munisipaliteit, ’n derde van die hoofstad se nagenoeg 420 000 inwoners woon in informele nedersettings.
Sy sê sy het nie bedoel om Woensdag die indruk te skep dat 420 000 mense in informele nedersettings woon nie.
Dit is eerder die totale geskatte aantal inwoners, sê sy.
Me. Edith Mbanga van die Shack Dwellers’ Federation of Namibia sê hoewel gratis grond ’n goeie idee is, vrees sy meer mense sal na stedelike gebiede stroom in ’n poging om gratis grond te bekom.
Geingob het verlede jaar die paneel onder leiding van mnr. Johannes !Gawaxab aangestel om die ekonomie se gety te probeer draai.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie