Mosambiekse minister nie meer uitgelewer
Mosambiekse minister nie meer uitgelewer

Mosambiekse minister nie meer uitgelewer

Voormalige finansiesminister, Manuel Chang, het glo dubbele immuniteit onder die Mosambiekse wet.
Die uitlewering van Mosambiek se voormalige minister van finansies, Manuel Chang, is gestaak nadat dit blyk dat Chang dubbele immuniteit onder die Mosambiekse wet het.

Ronald Lamola, die minister vir justisie en korrektiewe dienste, het Saterdag in ’n verklaring aangekondig

dat hy Vusi Madonsela, die direkteur-generaal van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, gemagtig het om dokumente in te dien in reaksie op Chang se dringende aansoek om nie aan Mosambiek se owerhede oorgegee te word nie.

Hierdie dokumente sal die voormalige minister van justisie se besluit om Chang aan Mosambiek uit te lewer omkeer.

Netwerk24 het vroeër berig dat Michael Masutha, wat ten tyde die minister van justisie en korrektiewe dienste was, in Mei besluit het om Chang aan Mosambiek uit te lewer om in sy tuisland verhoor te word, en nie aan Amerika nie.

Chang staan tereg weens sameswering om bedrog te pleeg.

Die aantygings teen hom spruit uit ’n bedrogspul wat verband hou met lenings van ongeveer US$2 miljard wat glo deur die Mosambiekse regering gewaarborg is sonder dat dit openbaar gemaak is. Chang het na bewering hiervoor miljoene dollars se omkoopgeld ontvang.

Hy is in Desember in Suid-Afrika in hegtenis geneem nadat die Amerikaanse owerhede ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het. - News24/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!