Mosoel: IS se vlugroete só afgesny
''n Sjiitiese paramilitêre mag het gesê hy sal die Irakse weermag se optrede in Mosoel steun, maar dít lei tot vrees vir geweld tussen geloofsgroepe.
Die Irakse aanvalsmag is naby Tal Afar, sowat 55 km wes van Mosoel. Mosoel is die laaste groot vesting van die terreurgroep Isis.
Die Populêre Mobiliseringsmag (PMF), ''n koalisie van rebelle wat meestal in Iran opgelei is, het gesê die aanvalsmag kan op hom staatmaak.
As Tal Afar onder beheer van die aanvalsmag kom, beteken dit die roete vir die Islamitiese Staat-groep (IS) om na Sirië te vlug, word afgesny.
Dit is goeie nuus vir Sirië, met pres. Basjar al-Assad wat die Amerikaans geleide aanvalsmag daarvan beskuldig het dat hulle ''n veilige roete vir IS na Sirië gaan skep.
Die slegte nuus is dat burgerlikes van Mosoel nou ook sal sukkel om te vlug. Mosoel is die naasgrootste stad in Irak en rebelle gebruik reeds blykbaar inwoners as menslike skilde.
Die premier, Haider al-Abadi, het gesê die koalisie moet seker maak die pad na Sirië word versper. Die koalisie gee lug- en grondsteun aan Irakse en Koerdiese Pesjmerga-vegters. Voor die oorlog het Tal Afar tussen 150 000 en 200 000 inwoners gehad. Hulle was ''n vermenging van Soennitiese en Sjiitiese etniese Toerkmene, totdat Sjiiete gevlug het nadat IS se Soenni-rebelle die streek in 2014 oorgeneem het.
“Die Iraniërs en die PMF wil Tal Afar vat oor die belangrikheid daarvan vir Sjiiete en wil dit as ''n manier gebruik om ''n vastrapplek in Mosoel te kry,” het ''n senior Irakse amptenaar op voorwaarde van anonimiteit gesê.
“Maar hulle wil dit ook gebruik as ''n manier om deel te word van die Siriese geveg.”
Die Irakse regeringsmagte veg hoofsaaklik aan die suidelike front en het hulle op die Shora-streek, 40 km suid van die stad, toegespits.
Koerdiese Pesjmerga-vegters is op die oostelike en noordelike frontlinies ontplooi, sowat 25 km van die stad af.
“Die PMF sal die aanvalsmag aan die westelike front steun.
“Die eerste plek (in die visier) is Tal Afar en die tweede is steun aan die magte wat na die middel van Mosoel gaan,” het die PMF in ''n verklaring op sy webwerf gesê.
Die aankondiging kom ondanks waarskuwings deur aktiviste vir menseregte dat die PMF se betrokkenheid kan lei tot geweld tussen geloofsgroepe. Die meerderheid van Irakiërs is Sjiiete, maar daar is meer Soenniete in die noorde en weste van die land.
Die PMF is amptelik onder bevel van die Sjiities geleide regering van Abadi.
Abadi probeer vrees vir geweld tussen geloofsgroepe verlaag en het gesê net die weermag en die polisie sal in Mosoel toegelaat word. -Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie