Moyo op pad kantoor toe, al kla Old Mutual
Elvira Wood – Peter Moyo, voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual, gaan Maandagoggend werk toe.
Eric Mabuza, Moyo se prokureur, het vroegoggend aan Netwerk24 bevestig dat sy kliënt teruggaan werk toe.
Dit kom nadat die hooggeregshof in Johannesburg Vrydag uitspraak gelewer het dat Moyo nie langer gekeer kan word om terug te gaan werk toe nie.
Old Mutual het egter laat Vrydagmiddag in ’n verklaring gesê aangesien die hof wel toestemming aan hom verleen het om teen sy uitspraak te appelleer beteken dit dat Moyo vir eers nie kan terugkom werk toe nie.
Die maatskappy stel dit duidelik in sy verklaring dat “hy voorlopig nie sal terugkeer werk toe nie”.
Old Mutual het einde Julie ook nie toegelaat dat Moyo terugkeer werk toe nie. Dit was kort nadat die hooggeregshof in Johannesburg vir die eerste keer gelas het dat Moyo heraangestel moet word.
Moyo is op 23 Mei geskors en toe op 17 Junie afgedank ná ’n geskil oor hoe hy ’n belangebotsing behartig het. Hy beweer egter dat hy ’n fluitjieblaser oor oortredings deur Trevor Manuel, voorsitter van die direksie, was.
Old Mutual het Moyo ’n tweede keer op 22 Augustus afgedank. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie