Mu00e9u00e9r as 'n koerant
Mu00e9u00e9r as 'n koerant

Méér as 'n koerant

Dani Booysen
Op sy veertigste verjaardag kyk Republikein dankbaar op ‘n ryk erfenis terug.

Terselfdertyd reik ons opgewonde na ‘n belowende toekoms uit.

‘n Suksesvolle koerant kan nie maar net nuus en advertensies verkoop nie. Dit moet nou ingeskakel en betrokke wees by sy gemeenskap – in Republikein se geval die hele nasie en die verskeie gemeenskappe waaruit ons reënboogland bestaan.

Oor die jare het Republikein verskeie gemeenskaps- en onderwerpgerigte invoegsels, spesiale produkte en projekte ontwikkel.

Ruim is bygedra wat openbare opvoeding en bewusmaking betref, vernaam in die velde van gesondheid en onderwys. In 2007 het die Etameko-projek ‘n internasionale toekenning in die kategorie vir jong lesers van die Wêreldkoerantvereniging (WAN) ontvang.

Hierdie vernuwing duur onverpoosd voort.

Verlede jaar het ‘n groot en belangrike pluimpie van die staatshoof self gekom.

Vir Namibië was die aanneem van die Grondwet die fondament van die demokrasie en vryheid wat sou volg.

Tydens die opening van die parlement, wat saam met Grondwetdag op 9 Februarie 2016 geval het, het president Hage Geingob vir Chris Jacobie, voormalige uitvoerende redakteur, by die naam bedank vir die rol wat Republikein gespeel het om Grondwetdag as ‘n nasionale instelling te vestig.

Soos een geslag die ander opvolg, is dit belangrik om kernwaardes te behou en te bevorder, maar ook doeltreffend met die jonger generasie te kommunikeer.

Ons lesers is ons barometer en sal ons, soos in die verlede, ook in die toekoms in ons aanpak lei.

Dankie nogmaals vir vier dekades se harde, sagte, politieke, mense-, ekonomiese, finansiële, handels-, sport- en ander nuus.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!