MTC belu00ea miljoene in kuns
MTC belu00ea miljoene in kuns

MTC belê miljoene in kuns

Reddingsboei vir modeweek, musiekfees
Jeanette Diergaardt – Die Namibiese telekommunikasiereus MTC het 'n totale borg­skap van N$13,2 miljoen aan verskeie plaaslike kunsprojekte vir die volgende drie jaar aangekondig.

Dié bedrag is verdeel tussen die Windhoek Fashion Week, wat nou as die MTC Windhoek Fashion Week bekend staan, en die 081Every1-musiekfees.

Aan die MTC Windhoek Fashion Week is N$3,6 miljoen bewillig en die 081Every1-musiekfees ontvang 'n borgskap van N$9,6 miljoen. Dié bedrae word oor die volgende drie jaar verdeel.

Die musiekfees is 'n projek van MTC. Die begunstigdes van die borgskappe is op grond van hul aansien en prestasies tot dusver gekies.

Dié semistaatsinstelling verwag om 'n opbrengs uit beleggings te verhaal deur MTC se handelsmerk te bevorder.

Die minister van sport, jeug en nasionale diens, me. Agnes Tjongarero, sê weens die onvoldoende jaarlikse begroting wat aan die ministerie toegeken word, is dit van uiterse belang dat groot maatskappye bydra om die kuns- en sportbedryf te bevorder en ondersteun.

Sy sê die begunstigdes moet die inkomste oordeelkundig gebruik om meer steun in die toekoms te ontvang.

Sy het gesê MTC moet protokol implementeer om te verseker die fondse word effektief bestuur.

Hierop het mnr. Tim Ekandjo, MTC se hoof van menslike kapitaal en korporatiewe aangeleent­hede, gesê protokol is wel geïmplementeer en die geld sal jaarliks toegeken word wanneer funksies gehou word en volgens die verskillende organisasies se nood.

Mnr. Luis Manana, stigter en direkteur van die MTC Windhoek Fashion Week, meen met groter ondersteuning van die publiek kan die modebedryf meer tot die land se bruto binnelandse produk bydra. MTC wil help om dié droom te verwesenlik.

Hy het die publiek ook uitgedaag om Namibiese ontwerpers gereeld te ondersteun.

Die 081Every1-musiekfees wat in 2018 deur MTC begin is met die doel om meer torings landswyd op te rig om 100% dekking te bereik, sal moontlik in Oktober of September vanjaar plaasvind, afhangende van die invloed van Covid-19. MTC sal jaarliks N$3,2 miljoen in dié projek belê.

Ekandjo het ter afsluiting groot maatskappye genooi om in sport, kuns en kultuur te belê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!