Mthalane wen, ongeag blaps met 'Die Stem'
Mthalane wen, ongeag blaps met 'Die Stem'

Mthalane wen, ongeag blaps met 'Die Stem'

Boks
Michael Green - Moruti Mthalane se afrigter was Maandagaand “geskok” toe hy hoor dat die ou Suid-Afrikaanse volkslied voor sy bokser se wêreldtitelgeveg in Tokio gespeel word.

Mthalane was egter só gefokus op die geveg dat hy dit glo nie eens gehoor het nie.

Die 36-jarige Mthalane het sy vlieggewigtitel van die Internasionale Boksfederasie (IBF) behou deur Masayuki Kuroda in die Korakuen-saal met punte oor 12 rondes te verslaan.

“Ek was ietwat geskok,” sê Colin Nathan, Mthalane se afrigter én bestuurder, op sy Facebookblad oor die voorval waarin “Die Stem” en nie “Nkosi Sikelel'iAfrika” nie, gespeel is.

Die verkeerde volkslied het Mthalane egter nie van stryk gebring nie.

Hy het Kuroda al in die vierde ronde met 'n paar harde houe geskud.

In die vyfde ronde het hy 'n sny bo die Japanner se regteroog oopgeslaan.

In die laaste paar rondes het Kuroda verskeie desperate aanvalle geloods, want hy het besef dat hy ver agter op punte was.

Twee beoordelaars het die geveg met 116-112 aan Mthalane toegeken met nog een wat gereken het hy het selfs verder, met 117-111, gewen.

“Kuroda het nie gaan lê nie. Hy wou die titel hê en het sy beste gelewer,” het die beskeie Mthalane aan die Japan Times gesê.

Dit was die tweede keer dat Mthalane sy titel suksesvol verdedig het.

Sy ondersteuners sal hom nou graag teen een van die drie ander top-beheerliggame se kampioene wil sien veg. Hy het nou reeds 38 gevegte gewen – 25 met uitklophoue – en net twee verloor.

Kosei Tanaka van Japan is die Wêreldboksorganisasie (WBO) se kampioen. Hy is 23 jaar oud en is onoorwonne ná 13 gevegte.

Hoewel hy nog nie baie gevegte in die beroepskryt gehad het nie, spog hy met oorwinnings oor top-boksers soos Ryoichi Taguchi en Sho Kimura.

Artem Dalakian van Armenië is die Wêreldboksvereniging (WBA) se ­titelhouer. Hy is onoorwonne ná 18 gevegte en spog met 13 uitklophoue. Hy verdedig sy titel in Junie teen Sarawat Thawornkham van Thailand.

Mthalane se maklikste opsie om nog 'n titel te wen, is dalk om Charlie Edwards, die Brit wat die Wêreld­boksraad (WBC) se kampioen is, te pak.

Die 26-jarige Edwards, wat 15 oorwinnings in 16 gevegte behaal het, is tegnies 'n skaflike bokser, maar hy stuur nie sommer sy teenstanders droomland toe met een hou nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!