Mugabe: Wit mag in SA 'Mandela se skuld'
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het nie geskroom om Suid-Afrika se ikoniese eerste president en Nobelprys-wenner, Nelson Mandela, die skuld te gee vir probleme in Suid-Afrika nie.
Dit is oudpres. Nelson Mandela se skuld dat wit mense in Suid-Afrika nog so baie mag het.
Zimbabwe se pres. Robert Mugabe sê dit is die antwoord wat hy van ’n ANC-minister gekry het toe hy die minister hieroor gevra het.
“Ek het die ANC-minister gevra hoe is dit dat die wittes steeds so baie mag in Suid-Afrika het. Hy het geantwoord dit is te wyte aan ‘jou vriend Mandela’.
“Dit is ’n ANC-minister wat dit gesê het,” het die 93-jarige Mugabe gesê.
Die SAUK het dié woorde van Mugabe die naweek op ’n begrafnis van twee Zanu-PF-veterane, Moudy Muzenda en George Rutanhire, in die suide van Zimbabwe, in ’n nuusbulletin op televisie uitgesaai.
Die president het moontlik ook onregstreeks verwys na die gedrag van sy twee fuifende seuns, Robert en Bellarmine Chatunga, toe hy luidens ’n verslag van New Zimbabwe gesê het jong Zimbabwiërs “ontbreek die ideologiese rigting” wat jeugdiges van sy geslag gehad het.
“Baie van ons kinders, agge nee, hulle drink in die geselskap van meisies. Ons wil ons jeug in ’n ander rigting lei. Hulle moet weet daar is vir dié land geveg.”
Dit is die eerste keer dat hy oor sy seuns gepraat het ná die voorval waarin sy vrou, Grace, na bewering ’n 20-jarige model, Gabrielle Engels, in ’n Johannesburgse hotel met ’n elektriese verlengingskoord aangerand het.
Die twee Mugabe-seuns studeer in Suid-Afrika en is bekend om hul uitspattige leefstyl. - News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie