Munisipaliteit sê oor hospitaal se water
Die stadsvaders sê hul verantwoordelikheid strek net so ver as die staatshospitaal se watermeter.
Henriette Lamprecht - Die droë krane wat die Katutura-staatshospitaal in Windhoek drie dae lank moes trotseer, is voor die deure van die ministeries van werke en vervoer, asook van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gelê.
Volgens Windhoek se munisipaliteit eindig hul verantwoordelikheid by die hospitaal se watermeter en is dit van daar af die ministerie van werke en vervoer se verantwoordelikheid.
Die hospitaal se waternood is veroorsaak deur ’n sluitklep wat toegedraai is en, sê die munisipale woordvoerder, dié klep is op die hospitaalperseel geleë.
Volgens me. Lydia Hamutenya behoort MoHSS daarom nou oorweging te skenk aan ’n toesluitbare stelsel by die watermeter, met ’n sleutel wat in noodgevalle aan die munisipaliteit voorsien kan word.
Dit sal volgens haar die ongemagtigde oop- en toedraai van die sluitkleppe deur “vreemdelinge en onbekendes” in die toekoms voorkom.
Volgens Hamutenya het die munisipaliteit se afdeling vir grootmaatwater se bystandspan Saterdag omstreeks 21:30 onmiddellik op ’n oproep gereageer dat die krane by die Katutura-staatshospitaal drooggeloop het.
’n Ondersoek het gewys die munisipale sluitklep was toe.
“Die klep is deur ons span oopgedraai om die watertoevoer na die hospitaal te herstel. Dit is nie bekend hoekom dit toegedraai is en deur wie nie,” het Hamutenya gesê.
Volgens haar is die watermeter op die hospitaalperseel geleë en is dit in ’n mangat wat die publiek nie maklik kan bereik nie.
“Ons is egter bewus daarvan dat die ministerie van werke en vervoer onlangs pype op die perseel herstel het. Van die toerusting wat gebruik is om die klep toe te draai, is deur ’n munisipale ambagsman op die perseel gevind.”
Hamutenya sê voorts ’n mobiele watertenk wat ’n 1 000 liter water bevat, is Maandagoggend op die hospitaal se versoek daarheen gestuur.
Die tenk is by die hospitaal se ongevalle-afdeling staangemaak, met hospitaalpersoneel wat versoek is om die navraekantoor te skakel wanneer die tenk hervul moes word.
Volgens Hamutenya het verdere ondersoek getoon die hospitaal het ondergrondse bergingstenks waarvandaan water na die ondersteuningstenks op die hospitaal se dak gepomp word.
Water word dan vanuit laasgenoemde tenks aan die hospitaal voorsien.
“Die pompe wat die water uit die ondergrondse tenks na die tenks op die dak pomp, is beskadig omdat die hoofwatertoevoer na die hospitaal onderbreek is.”
Volgens Hamutenya is daar afgesien van die daktenks wat water aan die hospitaal voorsien, geen ander ondersteuningstelsel (’n waterlyn wat die opgaartenks en pompe kan omseil) om voortgesette watertoevoer na die hospitaal te verseker nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie