Musketiers se nalatenskap
Die vergiftiging van drie woestynleeumannetjies wat deel van die oorspronlike Vyf Musketiers was, die sterre van die omgewingsrolprent Vanishing Kings, was verlede week ‘n harde slag vir een van Namibië se mees bekende bewaringsprojekte.
Die karkasse van Ben, Polla en Adolf asook hulle satellietnekbande is verbrand.
Die ministerie van die omgewing en toerisme het intussen onderneem dat geen steen onaangeroer gelaat sal word om die bestaansboere te vervolg wat die leeus vergiftig het nie. Hierdie stap word verwelkom. Dikwels sien of hoor Namibiërs nie die wet word toegepas nie.
Konflik tussen mens en dier (lees ook planeet) is eeue der eeue oud. Die verdwyning van hierdie drie “konings” moet almal opnuut herinner hoe broos natuurlike balanse is en hoe belangrik die behoud daarvan is.
‘n Mens hoef nie in die voorste loopgrawe van die groen politiek te veg om die verlies vir bewaring te besef nie. Nie net het die Woestynleeu-projek van dr. Flip Stander opnuut groot skade gely nie, maar in die proses ook Namibië se beeld.
Tog moet diegene wat (dikwels uit knus leunstoele?) oordrewe oog-vir-‘n-oog vergeldingseise maak, insien dat hierdie konflikte net opgelos kan word met die hulp van geraakte gemeen-skappe.
‘n Ruwe en uitgestrekte terrein soos die Skedelkus en Kunene-streek stel besondere eise aan bewaring.
Hopelik sal die nalatenskap van die vier gestorwe Musketiers, en die talle ander woestynleeus wat reeds omgekom het, uiteindelik beter suksesse wees. Suksesse wat ook met die res van die wêreld gedeel kan word.
So sê ander
15 Augustus 2016
Hou oog op dienslewering
Namate koalisie-onderhandelings tussen die DA en EFF (en moontlik ook ander kleiner partye) in die groot metro’s gestalte kry, sal dit dié onwaarskynlike vennote goed dien om ’n paar sake deeglik voor oë te hou.
’n Koalisie wat net gebou is op ’n gedeelde teenstand teen pres. Jacob Zuma se ANC, en nie ook breër beginsels deel nie, het die potensiaal om geboorte te gee aan brose, onstabiele regerings op munisipale vlak.
Dus sal die dien van kiesersbelang die nuwe koalisievennote se vernaamste oogmerk moet wees.
Van die vennote gaan dit verg om in te sien dat Jan en San Alleman se eerste verwagting goeie dienslewering is. Dat daar byvoorbeeld water by die kraan uitkom as jy dit oopdraai, en nie die vraag of dit ’n DA of EFF-lid is wat in dié portefeulje dien nie.
Die DA en die EFF sal hulself ook deeglik moet vergewis dat 2019 se nasionale verkiesing om die draai is.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie