MVAF: u2018Flits jou ligte vir padveiligheidu2019
MVAF: u2018Flits jou ligte vir padveiligheidu2019

MVAF: ‘Flits jou ligte vir padveiligheid’

Skakel 081 9682, 085 127 300 of stuur ’n SMS aan 941 om ongelukke, oortredings of onveilige situasies aan te meld.
Die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) herinner reisigers daaraan om die regte ding tydens die komende feesseisoen te doen, gordels te dra en kinders veilig in karstoeltjies vas te gespe.

“Bestuurders moet onthou om nugter te bly of ’n aangewese bestuurder te kies. Verkeersoortredings of onveilige situasies kan by 085 127 300 aangemeld word, of stuur ’n SMS na 941,” sê me. Surihe Gaomas-Guchu, die fonds se hoof van korporatiewe sake.

In die komende feesseisoen kan ongelukke by 081 9682 aangemeld word.

Die fonds vra dat mense hul ligte ter ondersteuning van padveiligheid eenmalig vir aankomende verkeer flits.

Die tema van die fonds se 2019-’20-padveiligheidsveldtog is “doen die regte ding en red lewens” en sal onder die hutsmerk #DoTheRightThingAndSaveLives gebruik word.

Die hooffokus is beter inligtings- en bewusmakingsveldtogte oor padveiligheid, terwyl wetstoepassing en die kapasiteit van nooddienste op die B1- en B2-roetes verhoog sal word.

Die MVAF sal in samewerking met die weermag (NDF) en die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) tydelike nooddiensbasisse op Etunda en die plase Sukses en Wilhelmstal oprig.

Satellietbasisse sal ook by Arandis, Omuthiya en Mariental opgerig word.

Veiligheid in openbare vervoer, asook die vervoer van kinders is van die inisiatiewe wat die fonds sal dryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!