MVAF maan motoriste
Denver Kisting
Gemiddeld 66 mense sterf jaarliks op Namibiese paaie in Augustus alleen.
Volgens die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) dra feeste, openbare vakansiedae en die skoolvakansie daartoe by dat paaie jaarliks in dié maand van voertuie wemel.
Me. Surihe Gaomas-Guchu, die fonds se woordvoerder, sê 'n vyfjaarsteekproef toon die meer as 60 mense kom gemiddeld in 376 ongelukke in Augustus om.
Gemiddeld 635 mense word in dié maand beseer, sê Gaomas-Guchu.
Sy sê die MVAF doen 'n beroep op padgebruikers om hul reise te beplan en te alle tye 'n veiligheidsgordel te dra.
Dit is ook belangrik dat kinders reg vervoer word en spoedgrense gehoorsaam word, maan Gaomas-Guchu.
Sy vra ook namens die fonds dat bestuurders nie onder die invloed van enige middels agter die stuur moet inklim nie.
Die woordvoerder vra motoriste moet ook bedagsaam jeens voetgangers optree.
Gaomas-Guchu vra lede van die publiek om enige ongelukke by hul reaksiekantoor by 081 9682 aan te meld.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie