My Namibië
YVETTE DU PLOOY SKRYF:
Sy strale sien jy oor die randjie breek, so warmgloed, so watersoet
Hy breek die nag, hy deel sy prag, hy gee vir ons die nuwe dag
Oor vertes heen word die duine wakker, begin die diere in die bos karjakker
Warm reën van sonstrale sak uit op ons Namibiese aarde
Ons geliefde land, ons skat, ons waarde
Ons reënboognasie, ons inspirasie
Ons diereprag laat die gronde druis, die buffel op die vlaktes, die slang, 'n gesuis
Die springbokke pronk, huppel en dans, die leeuwyfie lê rustig en wag vir haar kans
Ver op 'n sandhoop staan 'n meerkat op diens, 'n koei sê vir haar dooie kalfie totsiens
Die valk vlieg hoog, hy toon geen genade, hy skandeer die grond, op sy parade
Olifante plant spore in ons aarde, nes die renoster, ons grootste waarde
In die verte is daar stof wat waai; koning leeu het nog 'n sebra gemaai
Elke druppel versier die lug in sekondes, elke brander maak telkemale sy rondtes
Ons see is rof en rustig en mal, elke brander uniek, ontplof met 'n knal
Die vis is volop, maar hou tog net dop, as die maan vol is, is die vis ook op
Dit duik en dit swem, dit speel en baljaar, dis voete wat brand, die son wat nie spaar
Oosweer-wind waai, sand vir 'n vale, word verblind deur die stof, ons duine bring lof
Kalmte daal weer met die nagkoelte neer, dis vure wat brand, en voete vol sand
Namibië is in my hart en deel van my vlees
Dis wie ek is, en kies om te wees
Ons heelal is omring deur kleurvolle prag
Maar Namibië laat my steeds na ons stiltes smag
Ons land is rustig, en kalm en oop
Ons land is vir niks en niemand te koop

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie