Myeni wil nou ander die skuld gee
Myeni wil nou ander die skuld gee

Myeni wil nou ander die skuld gee

Elvira Wood – Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), wil haar pleidooi verander in die hofsaak om haar as misdadige direkteur te laat verklaar.

Dit is luidens ’n verklaring deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), wat juis dié klag teen haar gebring het.

Die saak teen Myeni het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria hervat.

Daar was egter weer geen teken van Myeni self nie.

Nqabayethu Buthelezi, haar advokaat, was wel in die hof.

“Myeni se aansoek wil haar pleidooi verander deels om haar persoonlike betrokkenheid by ongeregtigheid te ontken én om gedeeltelike verantwoordelikheid vir sommige sake na die uitvoerende bestuur van die SAL te verskuif deur te vra dat ander direkteure by die saak ingesluit word.

“Myeni is ook gekant teen die betrokkenheid van Outa om die saak teen haar aanhangig te maak,” lui die verklaring.

Myeni het reeds in haar oorspronklike pleidooi, gedateer 20 Junie 2017, gesê Outa “het nie die reg om hierdie prosedures in te stel nie”.

Sy wou toe hê dat die hof die aansoek juis om dié rede van die hand moet wys.

Hofstukke wys sy het egter daarna weer van plan verander en die hof ingelig dat sy Outa se reg om die aansoek te bring, wel erken.

Die direkteure wat sy by die saak wil byvoeg is spesifiek:

· Wolf Meyer

· Musa Zwane

· Nico Bezuidenhout

· Yakhe Kwinana

· Phumeza Nhantsi

· Anthony Dixon

· Monwabisi Kalawe

· Thuli Mpshe

· Raisibe Lepule

Sy gee ook die name van nóg 19 direkteure wat sy beweer op een of ander stadium help besluite neem het by die SAL.

Outa sê hy beskou dié versoek as niks anders nie as ’n poging om die saak teen Myeni weer te vertraag.

Outa wys daarop dié versoek kom twee jaar nadat pleitstukke afgesluit is.

Hy en die SAL-vlieëniersvereniging, wat die saak saam aanhangig gemaak het, staan die versoek teen. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!