N-Korea berei voor vir spitsberaad
N-Korea berei voor vir spitsberaad

N-Korea berei voor vir spitsberaad

Noord-Korea het top-amptenare na Amerika en Singapoer gestuur.

Dit is die jongste aanduiding dat die beplande spitsberaad met pres. Donald Trump van Amerika wel kan voortgaan.

Noord-Korea se Kim Yong Chol, ondervoorsitter van die regerende Werkersparty se sentrale komitee, sal na verwagting vandag na Amerika vlieg nadat hy in Beijing met Chinese amptenare samesprekings gevoer het, het die Suid-Koreaanse nuusagentskap Yonhap gister berig. Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, se de facto-stafhoof, Kim Chang Son, het Maandagnag na Singapoer gevlieg, het die Japannese nasionale uitsaaier, NHK, berig.

Terselfdertyd het die Withuis bekend gemaak dat 'n “voorspan” na Singapoer reis om die Noord-Koreane te ontmoet.

Amerikaanse regeringsamptenare, onder wie die Withuis se adjunkstafhoof vir operasies, Joe Hagin, het Maandag van die Amerikaanse Yokota-lugmagbasis in Japan na Singapoer vertrek.

Berigte dui daarop dat die beplanning vir die geskiedkundige spitsberaad wat aanvanklik vir 12 Junie geskeduleer was, voortgaan nadat Trump dit verlede week afgelas het. 'n Dag later het Trump egter sy besluit heroorweeg.

Sowel Amerika as Suid-Korea het Kim Yong Chol weens die steun aan die Noorde se missielprogram in 2010 en 2016 onderskeidelik geswartlys.

Vanweë die sanksies teen hom sou Kim Yong Chol normaalweg toegang tot Amerika geweier word. Tydens sy termyn as 'n senior intelligensieoffisier, is Kim deur Suid-Korea daarvan beskuldig dat hy in 2010 die meesterbrein agter dodelike aanvalle op 'n Suid-Koreaanse skip en 'n eiland was. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!