N-Korea 'klaar met kerntoetse'; 'goeie nuus' vir VSA
N-Korea 'klaar met kerntoetse'; 'goeie nuus' vir VSA

N-Korea 'klaar met kerntoetse'; 'goeie nuus' vir VSA

“Dit is baie goeie nuus,’ het pres. Donald Trump van Amerika getwiet in reaksie op Noord-Korea se aankondiging dat hy onmiddellik sy kern- en missieltoetse sal staak en die terrein sal sluit waar die vorige ses kerntoetse uitgevoer is.

Kim Jong-oen se aankondiging kom net ses dae voordat hy die Suid-Koreaanse pres. Moon Jae-in sal ontmoet en ook voor die beplande samesprekings tussen Suid-Korea en Amerika.

Reuters berig dat die Noord-Koreaanse leier gesê het sy land het nie meer nodig om kerntoetse of interkontinentale ballistiese missieltoetse te doen nie omdat hy sy doel bereik het om kernwapens te kan ontwikkel.

Volgens die Koreaanse Sentrale Nuusagentskap (KCNA) het Noord-Korea gesê dat ’n “internasionale omgewing gunstig” vir sy ekonomie geskep sal word en dit sal “nouer kontak en aktiewe dialoog” met buurlande en die internasionale gemeenskap fasiliteer.

Trump sal Kim einde Mei of begin Junie ontmoet, hoewel ’n plek nog nie vasgestel is nie.

“Noord-Korea het ingestem om alle kerntoetse op te skort en ’n groot toetsterrein te sluit,” het Trump kort ná die aankondiging van Pjongjang gesê.

“Dit is baie goeie nuus vir Noord-Korea en die wêreld – groot vordering! Sien uit na ons samesprekings.”

The Washington Post berig egter dat die verklaring geen melding daarvan gemaak het dat Noord-Korea sy program sal opgee nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!