'n Opregte en reguit verskoning
HOOFINSPEKTEUR ROZARIO ELCRAZER COETZEE SKRYF:
Ek, Rozario Coetzee, wil net hiermee ’n regstelling maak op my kommentaar op die NBC-program "Talk of the Nation".
Ek het na die klankgreep gaan luister en besef dat ek ’n stelling gemaak het wat ’n negatiewe reaksie uitgelok het. Ek was op my senuwees, want dit was my eerste verskyning op ’n regstreekse uitsending.
Wat ek eintlik bedoel het, is dat wanneer ’n grootmens in ’n ongeluk omkom, dit nie so seer maak as wanneer ’n kind in ’n ongeluk sterf nie.
Ek het te veel al gesien en nogsteeds maak dit seer as ’n kindjie daar leweloos lê, want ons moet ons emosioneel afstomp op ’n ongelukstoneel. Weer eens pleit ek by u as leser: kom ons hou op om onveratwoordelik op te tree.
U het rede om my te kasty, want nadat ek die klankgreep geluister het, het ek myself gevra: meneer, hoe kon jy soiets kwyt raak.
Hiermee vra ek opreg om verskoning aan al die bejaarde persone wat aanstoot geneem het en die nasie in geheel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie