‘n Silwersoom om land se eie sierade
Die reissgier van Johann van Schalkwyk leef voort, maar in Hentiesbaai se Woermann Brocksentrum het dit nou ‘n vasmeerplek gekry. Eers was dit net sy werk as silwersmid, maar nou het dit uitgekring om ook die skatte van die kleinmyners van Uis en aangrensende gebiede in te sluit. Terselfdertyd word ook van die verwante slyperskuns van mense op plekke soos Usakos gebruik gemaak.
In sy wordingsjare was Johann ‘n toergids, ‘n nering wat hom na talle lande en selfs groot oorsese stede gebring het. As toerleier het hy nie net vir sy gaste ingestaan nie, maar ook die kunsdrang gevoed wat in sy are gebruis het. In die afknyptydjies het hy kennis van die kuns met silwer opgedoen.
Hy het ook geleer om ‘n onderskeid tussen namaaksels en oorspronklike werk te tref.
Johan glo hy moet sy kuns nie net tot Hentiesbaai beperk nie. Hy moet dit ook na ander plekke en geleenthede uitdra. Daarom neem hy as uitstaller landwyd aan groot geleenthede en feesdae deel. Tydens ‘n besoek aan sy winkel in die Woermann Brockkompleks op Hentiesbaai was hy juis weer besig om van sy voorraad te pak om aan die Oesterfees op Walvisbaai deel te neem. Op Swakopmund het hy reeds aan markdae deelgeneem en plekke soos Grootfontein en Stampriet was benewens Windhoek al op van sy reisplanne.
“Dit gaan nie net om verkope nie, dit gaan ook oor blootstelling en kennismaking. Van die feesgangers ontdek my werk en wanneer hulle weer langs die kus vakansie kom hou, sal hulle my plek aandoen soos nou weer die kraampie op die Hentiesfees,” sê Johann.
Kenmerkend van sy werk is die klein en fyn goedjies waarop hy konsentreer soos die aanwending van die Uis-geweste se stene vir oorkrabbetjies. Juis ‘n vertoonstuk het om die nek van sy vrou, Anja, in sy winkel gehang. Dit is ‘n blou agaatsteen in ’n silwerraam aan ‘n hangertjie.
Onder sy vertoonstukke is klein “klippies” van die Brandberg met die bypassende naam in ‘n netjiese vertoonkassie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie