Nu00f3u00fa skop NamBrew-aandele
Nu00f3u00fa skop NamBrew-aandele

Nóú skop NamBrew-aandele

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Beleggers in Namibia Breweries Ltd (NBL) “Prost” die afgelope weke oor brouery-aandele wat lekker bruis, maar glimlag nog breër ná die groep Vrydag 99c stuk hoër as die vorige week gesluit het.
NamBrew het verlede week op N$26,50 per aandeel geëindig. Die styging van 3,9% in die sluitingsprys het NBL die weekwenner op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) gemaak.
Die goeie verstewiging het terselfdertyd NamBrew se totale markkapitalisasie met N$204 miljoen tot N$5,473 miljard opgejaag. NBL is steeds die maatskappy met die derde grootste markkapitalisasie op die plaaslike indeks naas FNB Namibia Holdings met N$12,791 miljard en Bank Windhoek Holdings (BWH) met N$8,842 miljard.
BWH en FNB is die enigste ander twee maatskappye op die plaaslike indeks waarvan die sluitingspryse verlede week ook hoër as dié van die vorige week was. BWH het Vrydag op N$17,50 geëindig, 20c stuk of 1,2% stewiger as die vorige week. FNB se sluitingsprys het met 19c per aandeel of 0,4% tot N$47,80 stuk gestyg.
Meer as N$12,5 miljoen se aandele is verlede week in totaal op die plaaslike indeks verhandel teenoor sowat N$7,9 miljoen die vorige week. NBL, BWH en FNB se aandele was die enigstes wat van hande verwissel het. BWH met totale verhandeling van bykans N$6,76 miljoen het die voortou geneem, gevolg deur FNB met N$4,92 miljoen. NamBrew het altesaam N$851 508 se transaksies beklink.
Die plaaslike indeks het verlede week met 1,46% teenoor die vorige week verstewig en op 540,93 punte geëindig. Dit is die hoogste vlak tot dusver vanjaar.
Totale verhandeling van sowat N$360,8 miljoen is verlede week op die algehele indeks van die NSX aangeteken vergeleke met bykans N$262 miljoen die vorige week. Die indeks het verlede week op 1 020,88 punte geëindig, ‘n styging van 6,34% teenoor die vorige week. Die JSE se indeks van alle aandele het verlede week met 3,53% verstewig.
Anglo American Plc was die weekwenner op die algehele indeks met ‘n sluitingsprys wat 13,1% hoër as dié van die vorige week was. Die groep het Vrydag op N$158,46 per aandeel geëindig, N$18,36 stuk hoër as die vorige Vrydag.
Die drie Mauritius-gebaseerde maatskappye op die algehele indeks van die NSX het verlede week die kwaaiste deurgeloop. CMB International Ltd se sluitingsprys het met 2,7% teenoor die vorige week gedaal, terwyl beide Astoria Investments Ltd en Tadvest Limited NM 2,6% laer gesluit het. CMB het op N$1,43 per aandeel geëindig, Astoria op N$14,33 en Tadvest op N$12,89.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!