Na Japan vir opleiding
Na Japan vir opleiding

Na Japan vir opleiding

Vanjaar besoek meer as 20 Namibiërs Japan om verder opgelei te word in onder meer sakeontwikkeling, landbou en onderwys.
Estelle de Bruyn
Altesaam 23 Namibiese staats­amptenare het onlangs opleiding in Japan voltooi wat tussen 10 dae en 10 weke geduur het.

Hulle het onder meer opleiding ontvang in: Die versterking van sakeontwikkeling, markgeoriënteerde uitvoerbevordering, die versterking van die vermoë om klein- en medium-sakeondernemings te ondersteun, die verbetering van gehalte en produktiwiteit, volhoubare ontwikkeling van hawens, ­herwinbare energie, waterbestuur, die bevordering van landboubesighede, markgeoriënteerde landbou, die verbetering van gehalte, onderwys en wetenskaponderrig en die versterking van gesondheids­laboratoriumtegnieke.

Volgens Japan se ambassadeur in Namibië, mnr. Hideyuki Sakamoto, het ongeveer 300 Namibiese beamptes sedert die program in 1990 begin is, reeds voordeel daaruit getrek.

Vanjaar besoek meer as 20 ­Namibiërs Japan om verder opgelei te word.

Die kursusse, wat ten volle deur die Japannese regering deur middel van die Japannese agent­skap vir internasionale same­werking en die vereniging vir oorsese ­tegniese samewerking en volhoubare vennootskappe gefinansier word, is deel van die land se tegniese bystand aan Namibië.

Dit ondersteun Namibië se pogings om menslike hulpbronne en vaardighede te verbeter. Dit is volgens Sakamoto die sleutel tot die verwesenliking van Namibië se nasionale ontwikkelingsplanne, die Harambee-welvaartplan en Visie 2030. Sakamoto het Woensdag ver­skeie Namibiese staatsamptenare wat in Japan opleiding ondergaan het, by sy huis onthaal.

By die geleentheid het die hoofbestuurder van Namdia, mnr. Kennedy Hamutenya, wat in 1996 opleiding in Japan ontvang het, gesê hy het heelwat geleer tydens sy verblyf in die land. Hy het onder meer die belangrikheid van volhoubare mynwese en die impak op die natuur beklemtoon.

Die waarnemende ­permanente ­sekretaris van die Nasionale ­Beplanningskommissie, me. Annely Haiphene, het die Japannese regering vir die bystand bedank en sê dit dui op die waardevolle vriendskapsbande tussen Namibië en Japan.

Sy het die Namibiese deelnemers aan die program aangemoedig om dit wat hulle geleer het, terug te ploeg in hul onderskeie beroepsvelde en dit goed te benut.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!