Naelsalonne span saam teen kanker
Naelsalonne span saam teen kanker

Naelsalonne span saam teen kanker

Die gemeenskap van Otjiwarongo staan bankvas agter een van hul jong inwoners wat met leukemie gediagnoseer is.
Henriette Lamprecht
Yolanda Nel - Toe Marjuné Fleschig (7) van Otjiwarongo met leukemie gediagnoseer is, het twee naelsalonne op die dorp koppe bymekaargesit om geld vir haar behandeling in te samel.

Volgens Marjuné se ma, Krystle, is dié diagnose op 3 Oktober vanjaar gemaak.

“Ons gesin was baie geskok en emosioneel. Ons hele wêreld is onder ons voete uitgeruk,” het sy uit Johannesburg gesê, waar Marjuné tans by die Universiteit van die Witwatersrand se Donald Gordon Mediese Sentrum behandel word.

Hier sal sy vir 33 dae chemoterapie en bloedoortappings ontvang.

Talana Maritz, van Mooistes, en Judine van der Westhuizen, van Judine’s Nail Salon, op Otjiwarongo het ná die nuus oor Marjuné se diagnose besluit om geld vir haar behandeling in te samel. Vir elke stel naels wat kliënte teen N$200 by hul onderskeidelike salonne laat doen, skenk hulle N$100 aan Marjuné.

Tot dusver was die reaksie oorweldigend positief.

“Ons dagboeke raak propvol,” het sy gesê.

“Ons is verras en baie geseënd oor die gemeenskap wat na Marjuné uitreik,” het Krystle gesê.

Sy en haar man, Oscar, het hul dankbaarheid oor elke bydrae en bemoedigende boodskap uitgespreek.

“Julle maak dit vir ons draagliker. En as dit nie vir ons Pappa Vader was wat Sy hand oor ons en Marjuné hou nie, sou ons beslis nie kon sterk staan vir ons dogtertjie nie,” het sy gesê.

Sodra die gesin uit Suid-Afrika terugkeer, sal Marjuné met chemoterapie in Windhoek voortgaan.

Krystle het Maandag aan Republikein gesê dit gaan goed met Marjuné.

“Volgende week sal hulle weer belangrike toetse doen om vas te stel of die chemo werk,” het sy gesê.

Talana sê Marjuné se ouers is spesiale lede van die Otjiwarongo-gemeenskap.

“My dogtertjie was verlede jaar een van Marjuné se klasmaats en as ma’s het ons gevoel ons wil betrokke raak, al is ons bydrae hoe gering. Ons kan nie staan en toekyk hoe iemand deur ’n moeilike tyd gaan nie”.

Die insameling duur tot die einde van vanjaar voort.

“Met al die ondersteuning wat ons reeds ontvang het, hoop ek regtig om ’n verskil te maak. Otjiwarongo se mense is staatmakers en ek het lank laas sulke kameraadskap onder mense ervaar,” het Talana gesê.

Indien jy ook ’n bydrae wil lewer, kontak vir Talana op haar Facebook-blad, “Mooistes”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!