Nagraadse studente hoor later oor geld
In dié stadium sal die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) voorkeur aan voorgraadse studies gee.
Denver Kisting – Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) kan in dié stadium nie voorsiening vir nagraadse studente maak nie.
NSFAF het gister by monde van sy waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Olavi Hamwele, gesê voorgraadse studente geniet weens finansiële uitdagings tans voorkeur.
Die fonds het Maandag sy aanlyn registrasieproses vir 2020 van stapel gestuur.
Hamwele, ’n gas op gisteroggend se Good Morning Namibia op NBC, het gesê die registrasieproses duur van 6 Januarie tot 29 Februarie.
Met betrekking tot volwasse ouderdom-aansoeke beperk die fonds studente vanjaar tot die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Namibia College for Open Learning (Namcol), het hy gesê.
Dié besluit is vir die huidige akademiese jaar geneem, omdat ander instellings dikwels nie by die vereistes hou nie, sê Hamwele.
Volgens hom moet sulke studente minstens 23 jaar oud wees, oor graad 10 beskik en werkservaring hê.
Dié besluit kan glo in die toekoms hersien word.
Aansoekers wat om NSFAF-bystand aansoek wil doen, moet ’n volledige geboortesertifikaat, identiteitsdokument (ID) en bewys van inkomste (indien hulle werk) voorlê.
Diegene wat minderjarig is, moet hul ouers se ID’s en bewyse van inkomste vir oorweging deur die NSFAF by hul aansoek aanheg, sê die waarnemende uitvoerende hoof.
Hoewel die fonds na bruto verdienste kyk, kan ’n motivering vir sekere uitgawes vir oorweging voorgelê word.
Sou die tersaaklike dokumentasie nie die fonds betyds bereik nie, sal sodanige aansoeke nie vir die huidige jaar oorweeg word nie, het Hamwele benadruk.
Hy sê omdat die gewone vlak-uitslae van 2019 reeds vandeesweek bekend gemaak word, sal dit nie tot ’n onnodige vertraging lei nie.
Op die aanlyn platform is die skakel na nagraadse studie nog nie aktief nie, omdat die fonds eers later hierdie kategorie sal oorweeg.
Dít sodra voorgraadse studente geholpe is, wat op hulp geregtig is, sê Hamwele.
In sy Nuwejaarsboodskap het pres. Hage Geingob gesê die Namibiese regering het studente se pleidooie gehoor wat die swak implementering en uitvoering van die NSFAF se pligte betref.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie