Namcol stel nuwe raadslede bekend
Namcol stel nuwe raadslede bekend

Namcol stel nuwe raadslede bekend

NAMPA
Die Namibiese Kollege vir Afstand­onderrig (Namcol) se nuwe raadslede is onlangs in die hoofstad aangewys.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het die raadslede aan Namcol se senior werknemers voorgestel en gesê hulle sal vir die volgende drie jaar op die raad dien.

“Die raad is verantwoordelik vir die welstand van die instelling deur sake gesamentlik te bestuur, terwyl hulle die belange van aandeelhouers en belanghebbendes ook in ag neem,” het sy gesê.

Hanse-Himarwa het gesê die raad moet die instelling se kultuur voortdurend ­bevorder deur die leiding te neem op die gebied van gevestigde beginsels en deur te voldoen aan die instelling en sy personeel se waardes.

Volgens Hanse-Himarwa speel Namcol 'n belangrike rol in die Harambee-huis waar elke leerling die geleentheid vir ­afstandonderrig verdien om ­volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik.

– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!