Namdia-bevindings beland in lêer 13
Van ’n verslag wat ’n sameswering tussen ministers en Swapo-invloedrykes vir ’n diamantwaarderingskontrak beweer, het dadels gekom.
Mathias Haufiku – ’n Geheime dokument met die bevindings van ’n ondersoek deur die ministerie van staatsondernemings (SOE’s) na die onderwaardering van diamante toon hoe twee ministers na bewering met ’n private diamantwaardasiemaatskappy, C-Sixty Investments, saamgespan het om ’n multimiljoen-kontrak met Namdia te sluit.
Namdia (Namib Desert Diamonds) is die regering se diamantbemarkingsmaatskappy.
Pres. Hage Geingob het die SOE-minister Leon Jooste opdrag gegee om “die modaliteite vir die stigting van Namdia” te ondersoek ná verskeie negatiewe mediaberigte daaroor in November 2016.
Dit blyk uit die verslag C-Sixty, wat ingevolge sy kontrak 1% van alle verkope van alle diamante deur Namdia ontvang, het direkte bande met onder andere twee ministers en sakelui wat met Swapo verbind word.
Die ondersoek, wat in 2018 van stapel gestuur is, het bevind dat die voormalige minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, en mnr. Sacky Shanghala (toe die ouditeur-generaal), sensitiewe regeringsinligting oor die stigting van Namdia aan C-Sixty gelek het.
Laasgenoemde is aangestel om diamante te waardeer, hoewel Namdia reeds 'n gekontrakteerde waardeerder gehad het.
Toe Geingob in 2017 vir Jooste opdrag gegee het om die bewerings te ondersoek dat Namdia sy diamante teen ondergewaardeerde pryse verkoop het en wat die omstandighede van C-Sixty se aanstelling was, was hy onbewus van die direkte betrokkenheid van twee van sy kollegas en vertrouelinge.
Dit blyk die Jooste-verslag het intussen in lêer 13 beland, hoewel dit aanbevelings bevat wat Namdia miljoene sou kon spaar.
Die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het gister alle vrae na Kandjoze en Jooste verwys.
“Die president het ‘n sterk standpunt ingeneem teen korrupsie of bewerings daarvan, en hy het die ministers opdrag gegee om die korrupsiebewerings teen hulle en hul betrokke ministeries te verduidelik," het Hengari gesê.
Van die sleutelaspekte wat in die verslag uitgelig word, is die aanbeveling om die kontrak tussen Namdia en C-Sixty te kanselleer, ministers wat inligting aan C-Sixty uitlek, die ongemagtigde oordrag van N$50 miljoen uit die Diamantwaarderingsfonds na Namdia en die onaanvaarbare ministeriële magsmisbruik.
Die N$50 miljoen uit dié fonds is aanvanklik as 'n lening gegee.
Kandjoze en Shanghala moes noodgedwonge deur Geingob uit hul portefeuljes verskuif word weens die korrupsiebeweringe, hoewel beide die beweringe ontken het.
Shanghala is tans verhoofafwagtend vir sy vermeende betrokkenheid in die Fishrot-viskwotaskandaal.
Kandjoze is tans direkteur-generaal van die minder invloedryke Nasionale Beplanningskommissie.
Drie ingeligte bronne in die ministerie van myne en energie het die kwessies rakende die C-Sixty-aanstelling wat in Jooste se verslag uitgelig word, bevestig.
“Kandjoze het daarop aangedring om die leiding te neem in die Namdia-ooreenkoms met C-Sixty. Normaalweg is dit ons taak as amptenare om die grondslagwerk te doen, maar in dié geval was dit anders. Ons almal het dit vreemd gevind dat hy homself met sulke werk sou besig hou,” het een van die amptenare, wat verkies om anoniem te bly, gesê.
In die verslag word aanbeveel dat die Namdia-C-Sixty-vennootskap beëindig word omdat C-Sixty se dienste onnodig is.
Ondanks dié aanbeveling, is geen stappe gedoen om seker te maak dit gebeur nie.
Jooste het vandeesweek bevestig dat die verslag op 22 Mei 2018 aan die kantoor van die president oorhandig is.
BEVINDINGE
Die ondersoek het bevind C-Sixty is onwettig aangestel en dat Kandjoze na bewering die Namdia-raad en die Teenkorrupsiekommissie (ACC), wat ook deur Geingob opdrag gegee is om ondersoek in te stel, mislei het oor die tydsberekeningsproses.
C-Sixty word ook daarvan beskuldig dat hy toegang gehad het tot vertroulike inligting oor die regeringsonderhandelingsproses en voorwaardes vervat in die verkoop- en bemarkingsooreenkoms met betrekking tot die Namdia-koopreg, voordat dit bekend gemaak is.
Mnr. John Walenga, een van die C-Sixty-direkteurs, het vandeesweek dié bewerings hewig ontken.
In Januarie 2016 het die wenkbroue gelig toe C-Sixty uit ’n bestaande onderneming in die sanitasiebedryf tot stand gekom het. Dié bestaande maatskappy, Amalooloo Sanitation Traders (Pty) Ltd het sanitasiedienste aangebied.
In Mei 2016 het die maatskappy skielik in ‘n diamantwaardasiemaatskappy verander.
Intussen is vrae geopper oor hoe die eienaars van C-Sixty geweet het dié geleentheid sou hom voordoen as die besonderhede daarvan eers later in 2016 bekend gemaak is.
Die besonderhede van die stigting van Namdia, die verkoop- en bemarkingsooreenkoms, die toekenning van diamantaankope en ander besonderhede, is eers op 16 Mei 2016, toe die ooreenkoms tussen die regering en DeBeers onderteken is, openbaar bekend gemaak.
Twee weke later het C-Sixty 'n kennisgewing van belangstelling, met verwysing na sy tegniese vennote, by Kandjoze ingedien.
"Dit blyk die aanvaarding van die ‘aanbod’ het geskied op grond van die kennisgewing van belangstelling op twee bladsye, wat baie min besonderhede oor die aanbod en die maatskappy bevat het en geen inligting gegee het van bewese prestasies nie," lui die verslag.
Dit is ook gedoen sonder enige onderhandeling oor vergoeding.
“Die aansoeke vir ’n waardeerder is nie oopgestel vir die mark om die beste gekwalifiseerde diensverskaffer teen 'n gepaste prys te soek nie, en ons het geen dokumentasie gesien wat die direkte aanstelling regverdig nie," lui die verslag verder.
Volgens die verslag is dit strydig met die nasionale regulasies wat ingestel is om verkrygingsbedrog te keer.
Dit blyk Kandjoze het die C-Sixty-transaksie suksesvol beywer, met die wete dat Namdia reeds die internasionale bemarkings- en verkoopskonsultant, Neil Haddock, baie betaal het om sy diamante te waardeer, te bemark en te verkoop.
Dit het meegebring dat diamante wat reeds gewaardeer is, weer deur C-Sixty gewaardeer is.
Haddock is 'n diamanthandelaar met kantore in Dubai en Londen, en wat ook vir De Beers en sy Namibiese filiale gewerk het.
Die termyn van die eksklusiewe ooreenkoms met C-Sixty is vyf jaar en kan vir nog vyf jaar hernu word, tensy een van die partye 'n kennisgewing van beëindiging inhandig 12 maande voor die ooreenkoms verstryk.
Dit dek effektief die hele periode van die verkoop- en bemarkingsooreenkoms.
“Dit lyk na 'n té beperkende ooreenkoms wat namens die aandeelhouer (die regering) aangegaan is. Ons kan niks unieks en onderskeidend identifiseer in die diens wat aangebied word nie, wat sulke beperkende voorwaardes regverdig en sodanige geleentheid aan ander Namibiërs met soortgelyke vaardighede en/of tegnologie ontneem, sou hierdie diens inderdaad vereis word,” word in die verslag gesê.
KANDJOZE ONTKEN
Kandjoze het volgens ’n ingeligte bron aan die ACC gesê dat hy C-Sixty behoorlik ondersoek het en dat hy toe bevind het C-Sixty het eksklusiewe regte op alle Sarine-produkte en -dienste in Namibië. Sarine Technologies Ltd is ’n maatskappye wat tegnologieë vir die diamantbedryf ontwikkel, vervaardig en verkoop, insluitend toestelle vir die beplanning, ontleding en gradering van ruwe en gepoleerde diamante.
Terwyl die ACC klaarblyklik Kandjoze se weergawe geglo het sonder om te verifieer, was Jooste nie oortuig nie en het hy verder ondersoek ingestel.
"Ons het vasgestel dat daar geen eksklusiewe regte op Sarine-produkte in Namibië is nie en dat enige diamanthandelaar direk by Sarine, via hul plaaslike verteenwoordiger of deur C-Sixty kan koop," word in die verslag opgemerk.
Kandjoze het nie gereageer op vrae wat vandeesweek aan hom gestuur is nie.
"Ek is in die lig van die bogenoemde nie in staat of beskikbaar om verdere uitsprake hieroor te maak nie. Ek het reeds in detail skuld aan enige oortreding ontken," het hy gesê. Volgens hom is hy ook nie vertroud met die bevindings in die verslag nie.
Die verslag bevraagteken ook die tydlyn van gebeure wat tot die aanstelling gelei het.
“Indien C-Sixty se dienste vir Namdia bedoel was, moes die aanstellingsowerheid die regering se onderhandelingspan of die direksie gewees het.”
Aangesien die direksie vroeg in Augustus 2016 aangestel is, was daar geen rede vir die minister van myne en energie om aanstellings te maak nie, en sou dit 'n oortreding van goeie korporatiewe bestuur wees vir die minister om namens Namdia so ’n aanstelling te maak,” lui die verslag.
“Indien C-Sixty kragtens artikel 45 van die Diamantwet 'n diens aan die ministerie lewer, in teenstelling met Namdia, is die vraag hoe 'n tender vir bemarkingsdienste wat aan Namdia gerig is, aanvaar is.”
Die destydse direksie het dit duidelik gemaak dat hy ontevrede was met die gebeure wat tot die C-Sixty aanstelling gelei het.
Die bevindinge dui ook daarop dat dit onmoontlik is dat Kandjoze op 'n regsmening van Shanghala gesteun het, waar hy verklaar het dat die minister van myne en energie die bevoegdheid het om waardeerders aan te stel volgens artikel 45.
Shanghala se regsmening is op 16 November 2016 gedateer terwyl C-Sixty reeds maande tevore deur Kandjoze aangestel is.
Kandjoze het in Januarie 2017 aan die ACC gesê hy het Shanghala se raad gevra om C-Sixty direk aan te stel.
* Hierdie artikel is die eerste van 'n reeks wat die sake van Namdia ondersoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie