Namib-musiekfees ’n eerste vir Namibië
Die hele Namibië trek op Saterdag 14 April in Windhoek saam vir Namibië se eerste en grootste musiekfees by die Wanderers-sportgronde.
Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars Steve Hofmeyr, Leah, Theuns Jordaan, Broers en Wicus van der Merwe gaan die verhoog met Namibiese kunstenaars Half Jack, Miss H, George Longane en Vaughn Ahrens deel vir puik vermaak soos nog nooit in Windhoek gesien is nie.
“Die Namib-musiekfees is die eerste in sy soort en is 100% eg Namibies - geskep vir die mense, deur die mense. Dit gaan ’n dag van heerlike feesvieringe wees, nes ons Namibiërs kan,” sê Charl Celliers, feesorganiseerder.
Afgesien van die plaaslike en top- Suid-Afrikaanse kunstenaars, kan feesgangers ook uitsien na heerlike kosstalletjies wat plaaslike lekkernye gaan voorberei. Dit gaan beslis ’n geleentheid wees om saam met vriende en familie by die biertent naby die hoofverhoog uit te span.
Dit sal die eerste keer wees dat hierdie diverse groep kunstenaars die verhoog deel. Feesgangers kan uitsien na wêreldklas musiek, akoestiese klanke en baie ander vermaak.
“Dit gaan ’n kort en kragtige musiekfees wees - met vertonings van vroegoggend tot laataand,” vertel Celliers.
Kaartjies vir die fees is reeds beskikbaar - kry dit so gou moontlik.
Besoek www.namibmusicfestival.com vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies kan by www.computicket.com of by enige Shoprite/Checkers landswyd bespreek word.
Volg die fees ook op Facebook, Twitter en Instagram.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie