Namibiu00eb bekommerd oor Siriu00eb
Namibiu00eb bekommerd oor Siriu00eb

Namibië bekommerd oor Sirië

Estelle de Bruyn
Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het namens die regering diepe kommer oor die jongste verwikkelinge in Sirië uitgespreek.

“Ons is ‘n ondertekenaar van die Verenigde Nasies (VN) se konvensie op chemiese wapens.

“In die belang van die mense van Sirië en vrede in die algemeen doen ons ‘n beroep op die Verenigde Nasies se veiligheidsraad om te voldoen aan hul verpligtinge ingevolge die handves en ‘n blywende oplossing te vind wat vrede in Sirië op ‘n vreedsame manier sal bring.

“Eensydige optrede is nie versoenbaar met die VN-handves nie en loop die gevaar om die doeltreffendheid van die einste instelling te ondermyn wat geskep is om ‘n einde aan konflik te maak.

“Die VN se veiligheidsraad moet verenig wees en gemeenskaplike geregtigheid, vrede, veiligheid en stabiliteit deur dialoog en diplomasie, gegrond op multilateralisme, nastreef,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!