Namibië maak stem dik
Eerskomende Saterdag sal die Windhoek Buitekluboord en Kasino die finale ronde van Voice of Namibia aanbied.
Die kompetisie skep 'n platform vir jong, opkomende sangers om blootstelling te kry.
Verlede jaar is die kompetisie vir die eerste keer gehou en het uitstekend gevaar, vandaar die besluit om dit weer te hou.
Platforms vir plaaslike sangers om hul talent ten toon ten stel, is baie beperk.
Voice of Namibia is een van min geleenthede vir hoopvolles, en stigters en organiseerders wil die platform ook gebruik om ander geleenthede in Namibië te skep.
Die eerste uitskakelronde met 24 finaliste het op 9 Februarie by die Buitekluboord plaasgevind.
Tydens hierdie glansryke geleentheid het ses beoordelaars die top-12-deelnemers gekies.
Sean Naude was gelukkig genoeg om deur middel van die sogenaamde wild card in die kompetisie te bly, en gaan Saterdagaand aan die finale vertoning deelneem.
Die top-12-deelnemers is Danie Louw, Jessica Strydom, Nadia Hanssen, Angelique Punsul, JF Labuschagne, Yvette Brink, Joani Claassen, Basson Jordaan, Gert Strydom, Amy Botes, Hazeldine Binneman, Andrea Day-Garden en Sean.
Deelnemers moet elk een liedjie voorberei en sing.
Daarná sal die beoordelaars die topsesdeelnemers aankondig.
Dié ses kry dan die geleentheid om nog ‘n liedjie te sing.
Hierna word die topdrie bekend gemaak, en uiteindelik sal die beoordelaars die wenner, naaswenner en derde plek aankondig.
Die wenner van vanjaar se Voice of Namibia stap weg met die titel van die beste stem in Namibië, N$10 000 in kontant (geborg deur Andy’s), ‘n naweek op Swakopmund by die Indulge Guest House Swakopmund, verskeie pryse van Varta en geskenkbewyse.
Vir meer inligting, kontak Alinda lu Mar by 081 333 5647.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie