Namibië nie kern van mensehandel
"Dit is nie net 'n misdaad nie, maar ook 'n moderne vorm van slawerny."
Maria Eiseb
Hoewel Namibië onder die lande val waarin mensehandel voorkom, is die land nie die kern daarvan nie.
Dít was die woorde van me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, by 'n byeenkoms verlede week in die hoofstad wat deur die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn gereël is, asook deur die International Organization for Immigration (IOM), 'n afdeling van die Amerikaanse ambassade.
Die byeenkoms het ten doel gehad om Wêrelddag teen mensehandel te herdenk, wat jaarliks op 30 Julie plaasvind, en om die media oor dié verskynsel op te lei.
Nandi-Ndaitwah het gesê die regering het in 2009 'n komitee gestig bestaande uit die ministers van finansies, binnelandse sake en immigrasie, arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, geslagsgelykheid en kinderwelsyn, gesondheid en maatskaplike dienste, werke en vervoer, visserye en mariene hulpbronne, asook die aanklaer-generaal en die prokureur-generaal, om mensehandel in Namibië te beveg.
“Die misdadigers moenie dink die regering is nie bewus van wat aangaan nie. Hulle moet dit nie as goedkeuring aanvaar nie. Die komitee beplan strategiese ingryping, net soos wat die kwaaddoeners ook hul planne beraam,” het die minister gesê.
By dieselfde geleentheid het advokaat Innocentia Nyoni, wat me. Martha Imalwa, die aanklaer-generaal, verteenwoordig, gesê die meeste van die slagoffers word buite ons landsgrense misbruik.
“Hulle word onder valse voorwendsels gelok, soos dat hulle werk in ander lande sal kry,” het Nyoni gesê.
Volgens Nyoni is dit baie moeilik om mensehandel te ondersoek of te vervolg, omdat die slagoffers meestal nie Namibiese burgers is nie.
Me. Doreen Sioka, minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, het gesê sy het in 2009 met veldtogte by grensposte begin en het met beamptes, asook lede van die gemeenskap, oor mensehandel gesels.
Sy het gesê die polisie moet hierna oplet, veral by padblokkades. Die minister het ook bygevoeg tradisionele leiers, gemeenskapsleiers en die gemeenskap in die algemeen moet betrokke raak by die stryd teen mensehandel.
“Dit is weens ekonomiese druk dat ek nie méér veldtogte kan hou nie, maar ek doen 'n beroep op leiers om met die gemeenskap saam te staan teen mensehandel,” het sy gesê.
Volgens statistieke wat deur me. Anne-Marie Nainda, adjunk- inspekteur-generaal van administrasie, by die byeenkoms bekend gestel is, duur ondersoeke na mensehandel voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie