Namibië presteer in Kaapstad
Pluimbal
Tielman van Lill - Drie Namibiese junior pluimbalspanne met 27 spelers het onlangs in Kaapstad aan die o.13-interprovinsiale kampioenskap saam met 13 ander spanne deelgeneem waar die kinders uitstekend gevaar het deur 15 medaljes los te slaan.
Die oes bestaan uit agt goue en sewe silwermedajes.
In die spankompetisie het Namibië A al sy wedstryde tot in die derde en vierde ronde van die kwarteindstryd gewen om in die eindstryd teen die Vrystaat kragte te meet. In die finale stel slaag Namibië daarin om sy teenstander met 10-9 te klop nadat hul vroeër gelykop met 4-elk was.
In die derde plek is KwaZulu-Natal-A, gevolg deur 4 WP-A, 5 Grens, 6 Noord-Kaap, 7 Namibië-B, 8 SGBA, 9 WP-B, 10 KZN-B, 11 Cape Winelands-A, 12 Namibië-C, 13 Cape Winelands-B, 14 WP-C, 15 KZN-C, 16 Uitnodigingspan.
Die enkelspel en dubbelspel is begin nadat die spankompetisies afgehandel was. Hier was die Namibiërs se uitslae soos volg:
O.11 enkelspel. Meisies: Emily Amutenya klop Ané Oberholzer (Vrystaat). Seuns: Joshua Matthews (WP) klop Tristan Nell.
O.13 enkelspel. Meisies: Hertta Amutenya klop Caitlin Osborne (Vrystaat).
O.11 dubbelspel. Meisies: Emily Amutenya (Nam) en Ané Oberholzer (FS) klop Ava August en Jemema Bauman (Nam). Seuns: Joshua Matthews (WP) en Tristan Nell (Nam) klop Kobus Wilken en Neil Wilken (Vrystaat). Gemengde dubbelspel: Joshua Matthews (WP) en Ané Oberholzer (Vrystaat) klop Tristan Nell en Emily Amutenya (Nam).
O.13 dubbelspel. Meisies: Hertta Amutenya en Ashley van Eeden (Nam) klop Caitlin Osborne en Ané Oberholzer (FS). Seuns: Jandré Botha (Nam) en Ronan du Preez (KZN) klop Millind Dusain (Botswana) en Cullen Kakora (Vrystaat). Gemengde dubbelspel: Weston Wang (SGBA) en Aqeela Nel (Nam) oorskadu Jandré Botha en Hertta Amutenya (Nam).
Namibië se medaljewenners:
O.11: Emily Amutenya (goud in enkelspel, goud in dubbelspel, silwer in gemengde dubbelspel). Tristan Nell (silwer in enkelspel, goud in dubbelspel, silwer in gemengde dubbels). Jemema Bauman (silwer in dubbelspel). Ava August (silwer in dubbelspel).
O.13: Hertta Amutenya (goud in enkelspel, goud in dubbelspel, silwer in gemengde dubbelspel). Ashley van Eeden (goud in dubbelspel). Jandré Botha (goud in dubbelspel, silwer in gemengde dubbelspel). Aqeela Nel (goud in gemengde dubbels).
Ná die kampioenskap is die Namibiërs volgens hul resultate soos volg gekeur: O.11 meisies: 1ste Emily Amutenya, 3de Ava August, 5de Jemema Bauman, 6de Jordan Hanstein, 7de Tiana Botha. O.11 seuns: 1ste Tristan Nell, 7de Adam Nel.
O.13 meisies: 1ste Hertta Amutenya, 3de Ashley van Eeden, 5de Emily Amutenya, 7de Aqeela Nel. O.13 seuns: 3de Jandré Botha, 5de Tristan Nell.
Me. Lynn du Preez, afrigter en bestuurder van die toergroep, het gesê: “Namens die spelers bedank ek ons borge en ouers wat met die reëlings en die vervoer gehelp het. Baie dankie aan al die assistentbestuurders- en afrigters van die spanne, sonder jul hulp sou ek gesukkel het. Aan my fantastiese Namibiese spelers wil ek sê julle is die beste en is ware ambassadeurs vir jul land en skool. Dankie dat julle elke dag net jul beste gelewer het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie