Namibië reik uit na Angolese vlugtelinge
Die Namibiese regering het 'n helpende hand na die gestrande Angolese burgers in die Omusatistreek uitgereik terwyl hulle wag op antwoorde van hul regering.
Tuyeimo Haidula en Tunohole Mungoba – Die Namibiese regering het bokke en 'n bees geslag om gestrande Angolese burgers in die Omusatistreek te voed wat weens hongernood in hul land daarheen getrek het.
Die regering soek nou duidelikheid van die Angolese regering oor watter ingrypings hulle gaan implementeer om hul burgers te red.
Die Omusati-streekgoewerneur, mnr. Erginus Endjala, het aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, bevestig dat hulle op soek is na lang termyn volhoubare ingrypings om die verhongerde Angolese vlugtelinge te help.
Volgens Endjala toon amptelike syfers sowat 744 Angolese het in dié streek aangekom, maar meer word verwag veral as die nuus hul tuisdorpe bereik dat diegene wat tans in Namibië is deur die regering gevoed word.
Sowat 100 van dié groep is na die Etunda-besproeiingskema geneem waar hulle elke tweede dag voedselrantsoene van die Namibiese regering ontvang. Die kos wat geskenk word, sluit mieliemeel, blikkiesvis en kool in.
Die groep woon onder 'n boom by Etunda. Toe joernaliste van Namibia Media Holdings Woensdag op die perseel aankom, het die groep hul komberse opgehang om droog te word ná Dinsdagaand se reën.
“Ons het onder 'n dakstruktuur ingehardloop waar die pensioentoelae gewoonlik uitgedeel word. Dit is net 'n dak, dus het die water steeds van die kante af ingekom,” het een van hulle gesê.
Op die perseel was meestal vroue en babas. Die mans het kos in die omliggende gebiede gaan soek.
Die groep kry water by plaaslike barmhartige Samaritane, want daar is geen kraanwater nie. Die groep gebruik ook die bosse as toilette.
Endjala en die Angolese ambassadeur in Namibië, me. Jevelina Costa, het die gestrande groep onlangs besoek.
Dit was ná afloop van dié besoek dat die regering besluit het om gereelde voedselvoorrade te voorsien, terwyl hulle op die Angolese owerhede se reaksie wag.
Meer Angolese trek ook na die Ohangwenastreek weens hongernood. Angolese wat in die suidelike dele van die land woon, verduur jare se opeenvolgende droogte en verwaarlosing van hul eie regering.
Endjala het gesê antwoorde uit Angola is dringend oor die vrees dat plaaslike inwoners binnekort die desperate Angolese met goedkoop arbeid sal lok.
“Wat ons nou doen, is slegs 'n tydelike reëling terwyl ons wag op die Angolese owerheid om ons in te lig wat hulle gaan doen om hul mense te help,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie