'Namibië treur saam met julle'
Die tien slagoffers van ''n gasbottelontploffing op ''n plaas naby Dordabis is Saterdag tydens ''n massabegrafnis ter ruste gelê met ''n oorhoofse boodskap wat eenheid, liefde en mededeelsaamheid vir alle Namibiërs bepleit het.
Henriette Lamprecht - In die klein kapel waar Sondae kerk op die plaas Garib gehou word, het Saterdag tien kiste in ''n ry gestaan vir die slagoffers van ''n gasbottelontploffing wat drie weke gelede die gemeenskap in rou gedompel het.
Nege van die slagoffers was kinders.
Tydens sang en huldeblyke in twee tente wat spesiaal vir die massabegrafnis opgerig en deur honderde roubeklaers bygewoon is, het die 10-jarige Benjamin wat weke vantevore nog sorgeloos saam met sy maats tussen die huise gespeel het, vir oulaas sy vriende gegroet. Kaalvoet in ''n kortbroek en ''n hemp wat eens rooi was, het hy alleen in die kapel stadig tot by elke kis gestap, sy hand op elkeen neergesit en vir ''n paar oomblikke doodstil daarna gestaar.
"Hulle was my broers," het hy geprewel en stil verdwyn tussen bondeltjies kinders, familie en vriende wat mekaar woordeloos probeer troos het. ''n Ma het ''n kind sag nadergetrek en gesê "my kind het nog nie ophou huil nie, hulle is stukkend".
Die gasbottelontploffing op die aand van 14 Oktober se grootste verlies was nege kinders, onder wie ''n ongebore baba, met almal wat in die huis bymekaargekom het om televisie te kyk.
Me. Veronika Plaatjies (36) wat ses maande swanger was, is as heldin geloof omdat sy van die slagoffers uit die huis probeer red het. Haar seun, Henricho Plaatjies (11), het saam met haar gesterf. Plaatjies se lewensmaat en pa van haar kinders, mnr. Henry Kock, het brandwonde aan sy arm opgedoen.
Me. Anna Geibes (30) en mnr. Eric Jooste (34) se vier kinders, Nicolien Geibes (10), Annazet Geibes (6), Anna Geibes (4), Annalien Geibes (10), het almal aan hul beserings beswyk. Geibes en Jooste is steeds in die intensiewesorgeenhede van die Katutura- en Sentrale hospitaal in Windhoek. Die ander slagoffers is Bores Rivaldo Geibeb (11), Aliandro !Nau/gawaseb (6) en Bradley Breden Jagger (11).
Hernandes Plaatjies (3), Jujina !Nau/gawases (13) sterk in die intensiewesorgeenhede in hospitale in Windhoek aan, terwyl die 13-jarige Anastasia Geibes ook in die hospitaal aansterk.
Pastoor Patrick Jooste het na die jong slagoffers as seëninge verwys en gesê die Here praat met die land en vra Namibiërs om hulle op te pas.
"Jy kan hulle in ''n oomblik verloor."
Tydens ''n huldeblyk deur leerlinge en personeel van die Primêre Skool Dordabis waar ses van die slagoffers leerlinge was, was ''n spesiale sangitem dikwels skaars hoorbaar en moes van die leerlinge deur onderwysers vertroos word.
Die onderhoof van die skool, mnr. Katjieto, het na die ses leerlinge as "kosbare engele" verwys en gesê God sal op sy tyd antwoorde op hul groot verlies gee.
Katjieto het ''n spesiale woord vir die skool se "sportman", die 11-jarige Bradley Jagger, gehad wat uitgeblink het in die 100 m en verspring.
"Hy was ons sportman. Ons is sprakeloos, maar God sal hom met nog ''n atleet vervang."
Katjieto se boodskap aan die honderde treurendes was "mis ons, maar laat ons gaan".
Visebiskop en pastoor Paul Hatani Kisting het sy troosboodskap uit Romeine 8:31 - 35 gehaal en gesê die families wat deur die tragedie geraak is, het nie rykdom nie, maar is ''n baie hegte eenheid en lief vir mekaar."Ons as land kan by hulle leer."
Volgens Kisting was God deurentyd by die slagoffers."Hy is daar, selfs daar waar onse mense net as is, selfs in die stilte en geskree was Hy."
Buite waar familie en vriende van die inwoners kos vir die roubeklaers voorberei het, het ''n vrou gesê "die ongeluk was die vuur".
"Maar gister (Vrydag) kom die wolke en die reën en die Here blus dit - ons het hoop."
Haar hart het oorgeloop van die "goedheid" van die eienaars van die plaas, met verskeie geslagte van huidige inwoners wat in die klein kerkhoffie op Garib begrawe is.
"Ons pa''s en ma''s lê daar, ons families is hier begrawe waar hulle (die slagoffers) nou ook begrawe word."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie