Namibië van EU se ‘swartlys’ af
Namibië is nou een van 65 lande wat met die Europese Unie saamwerk om goeie belastingbestuurstandaarde te handhaaf.
Ronelle Rademeyer - Die Europese Unie (EU) se raad vir ekonomiese en finansiële aangeleenthede het Namibië Dinsdag van dié unie se lys verwyder van lande wat nie aan die internasionale vereistes vir belastingdeursigtigheid voldoen nie.
Namibië was saam met Amerikaans-Samoa, Guam, Samoa, Trinidad en Tobago en die Amerikaanse Maagde-eilande gelys as belasting-jurisdiksies wat nie hul samewerking gee nie.
Met Namibië wat van die lys af is, is daar nou 65 lande wat aktief met die EU saamwerk om goeie belastingbestuurstandaarde te handhaaf, sê die Europese Raad op sy webtuiste.
“Namibië het voldoende toewyding op ’n hoë politieke vlak getoon om die EU se kommer te besweer. Daarom het Namibië geskuif van aanhangsel I van die besluite na aanhangsel II, wat betrekking het op jurisdiksies wat met die EU saamwerk om hul belastingbeleide te hervorm,” lui die verklaring.
Namibië is verlede jaar op dié lys geplaas toe hy nie gereageer het op die EU-ministers van finansies se uitnodiging aan lande vir gesprekvoering oor kwessies van belastingdeursigtigheid, regverdige en mededingende belastingstelsels, asook dít wat bekend staan as basis-erodering en winsdeling (Beps) nie.
Daar is in die internasionale media groot gewag gemaak van die feit dat die sondaarlande belastingtoevlugsoorde is, wat deur internasionale maatskappye en die wêreld se rykes vir belastingontduiking en -vermyding gebruik word.
Die EU se ambassadeur in Namibië, me. Jana Hybaskova, het haar verlede jaar skerp daarteen uitgespreek en gesê die EU het Namibië nog nooit as ’n belastingtoevlugsoord beskou nie.
“Dit is ’n totale misverstand. Hierdie maatreëls vir groter deursigtigheid is om Namibië te beskerm. Dit is tot voordeel van Namibië se mense,” het sy in Desember verlede jaar tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê.
Namibië is op die lys geplaas toe hy die sperdatum van 17 November 2017, wat deur die EU vir sekere kommerwekkende belastingkwessies gestel is, verpas het.
Die eerste kwessie was om die wêreldforum oor deursigtigheid en die uitruil van inligting vir belastingdoeleindes te onderteken sodat Namibië deel word van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) se multilaterale konvensie op gesamentlike administratiewe ondersteuning rakende belastingsake.
Tweedens is Namibië genooi om skadelike voorkeurpraktyke vir belastingpligtiges te verduidelik, dit aan te pas of daarvan afstand te doen.
Dit was met verwysing na Namibië se skema vir uitvoerverwerkingsones (EPZ). Maatskappye wat hieraan voldoen, betaal tussen 0% en 32% belasting, afhangend van die uitvoerbestemming van die vervaardigde goedere.
Derdens is Namibië versoek om deel te word van die inklusiewe raamwerk vir Beps, of om die OECD se minimum standaarde hiervoor te implementeer.
Die EU het verlede jaar tegniese kundiges ontplooi om die ministerie van finansies hierin by te staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie